Alle Aansoeke

Hieronder is ‘n Paar Aansoeke van Taai MANNE wat Plaaswerk Soek

Boere: Gebruik Die Manne Op Jou Plaas

All | Latest | # A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T W Z
There are currently 25 Names in this directory beginning with the letter J.
Jaco: hardwerkende man met ’n passie vir boerdery


Kry Jaco se CV hier!

Jaco is ’n hardwerkende man met ’n passie vir boerdery. Hy het ondervinding met plaastoerusting, graanboerdery en sweiswerk. Hy’s bereid om enige plek in die land te werk.

Jaco: Probleemoplossing Meester


Kry Jaco se CV hier!

Hy het 19 jaar se ondervinding in die elektries bedryf en foutopsporing op plaas toerusting.

Jaco gemotiveerd om alleen of saam in 'n span te kan funksioeneer.
Hy wil graag in Noord-Wes werk.

 

Jan - Ervare Opsigter met Jare se Lewe-ervaring


Kry Jan se CV hier!

Jan is ’n 68-jarige enkellopende man in goeie gesondheid, met sober gewoontes en ’n sterk werksetiek. Hy rook nie, gebruik nie drank nie, en werk graag met sy hande. Hy hou van diere, die natuur en die stilte van die plaaslewe.

Hy sal veral goed pas op ’n plaas waar boerdery gestaak is en die eienaar iemand soek om die plaas, geboue en besittings netjies, veilig en in stand te hou.

Van sy vaardighede behels:

- Sekuriteitsbeampte en kontant-in-transit bestuurder.
- Bou- en instandhoudingskontrakteur.
- Waterboor toesighouer.
- Deputy Sheriff.
- Timmerman.

Jan wil graag in die Wes-Kaap of Noord-Kaap werk, maar is oop vir enige provinsie. Hy is bereid om op enige tipe plaas te werk.

Jan [48-jaar oud] - Plaasbestuurder - Enige Plek


KRY JAN SE CV HIER

Plaasbestuurder: Uitstekende Ondervinding: Netjies, Gesond en Lojaal.  Jan het 18 jaar se melkery bestuurder ondervinding - kan KI doen en kan dieresiektes goed identifiseer.

Jan is Pligsgetrou, vertroulik en eerlik.

Ek kan jou plaas alleen, sonder toesig bestuur.

Is dadelik beskikbaar vir werk enige plak in die land.

Jan Adriaan- Beste Plaasbestuurder vir jou Plaas!


KRY JAN SE CV HIER

Jan het meer as dertig jaar ondervinding in landboubestuur met uitgebreide kennis van gewas- en veebestuur, oesbeplanning en plaasonderhoud. Hy is vaardig in spanleierskap, ondernemingsbestuur, plaagbeheer en die implementering van tegnologie. Sy praktiese vaardighede sluit in CO₂-sweiswerk, voorraadbestuur en die hantering van drie-fase krag. Jan is beskikbaar om te werk in die Oos-Kaap en Vrystaat. Hy stel belang in bees- en skaapplase, saai-plase, besproeiingsplase en groenteplase.

JAN-HARM: NOORD-WES


KRY JAN-HARM SE CV HIER

Jong Boer van Noord-Wes:

10 Jaar Ploeg & Plant ondervinding en nog baie meer.

Kry CV vir meer besonderhede.

Ek is reg om jou te help op die plaas.

"My droom is om 'n boer te wees. Ek is 'n Christen, hardwerkend, lojaal en opreg"

Jandre is jonk, sterk en werk hard.


KRY JANDRE SE CV HIER

Jandre is 20 jaar oud en bly in Gauteng

Hy is fisies sterk, hardwerkend, vriendelik en hulpvaardig.

Hy werk tans deeltyds in ‘n plaaslike restaurant maar soek groter uitdagings.

Jandre sal graag oor 'n paar jaar van nou af plaaswerk oorsee wil gaan doen maar het nou eers ondervinding nodig.

Jandre soek dus nou ‘n geleentheid om in Suid-Afrika op ‘n plaas te werk.

Jandre; Jonk en Gekwalifiseerd

KLIEK HIER OM CV TE KRY


Hier is 'n jong man van 25 wat graag op 'n plaas in Suid-Afrika wil werk.

Jandre is tans in Guateng en sal op enige plaas werk. Hy wil graag in die veld wees saam met diere.

Jandre is ook 'n ge-kwalifiseerde "Automotive Motor Mechanic" met 'n QCTO sertifikaat en met 5 jaar ondervinding

Sy CV vetel vir jou alles. Kry dit nou.

JanR Het 20+ Jaar Ondervinding


KRY JanR SE CV HIER

Ek is 'n jonk en strek 49 sonder afhanklikes.

Ek het meer as 20 jaar ondervinding in die melkboerdery bedryf maar was die laaste klompie jare meer betrokke my veldwerk, konsultasie en omgewingsake.

Ek wil terugkeer plaas toe en is baie lief vir beeste, die natuur en buitelewe. Ek is baie betroubaar, werk hard en my hand staan vir niks terug nie.

Jaques [19] Is Reg Om Te Begin Boer


KRY JAQUES SE CV HIER

"Ek het ondervinding in meeste boerdery, Ek leer baie maklik.

Ek is instaat om enige werk te voltooi"

Dankie

Jay-Jay: Jonk, Gesond en reg vir jou Plaas!


Kry Jay-Jay se CV hier!

Jay-Jay is 'n hardwerkende mens met twee jaar se plaaswerk ondervinding, waarin hy uitmuntende ervaring opgedoen het. Hy beskik oor vaardighede in die herstel van boerderymasjinerie, plant en oes van mielies, sojabone, en hooi. Daarnaas het hy kennis van die monitering en sorg van beeste, buffels, en bokke. Nie net dit nie, Jay-Jay het ook gevorderde kennis van Brandonderdrukkingstegnologie ( Advanced Fire Suppression Technology), insluitend die hantering van brande en werking met gevaarlike gasse. Hy is op soek na 'n geleentheid op 'n Saai- Bees of Wilds plaas, bereid om te verhuis indien nodig.

Jayten – Jong man met ervaring in wild- en graanplase


Kry Jayten se CV hier!

Jayten is ’n jong, hardwerkende man met plaasondervinding in wild- en graanboerdery. Hy’s handig, leer vinnig en is nie bang vir harde werk of lang ure nie – reg om sy hande vuil te maak en sy droom in landbou uit te leef. Jayten, sal verkies om in die Gauteng area werk te kry, maar is bereid om te verhuis na Mpumalanga, Limpopo of Noord Wes.

JD: Hy weet wat dit is om n Boer te wees!


Kry JD se CV hier!

JD het nog altyd n liefde vir die plaas lewe gehad.
Hy skryf:
"Om te boer is n passie, dit is my passie. Dis die gevoel wat jy binne jou kry wanneer jy verby stap en sien daardie eerste saadjie het ontkiem en die gevoel wat jy binne jou kry wanneer die grond wat jy opgetel het deur jou vingers val."

Hy het vir die laaste 3 jaar sy droom uit gelewe om in die VSA te werk en ondervinding van saaiboerdery te kry.

JD is op die oomblik nog in VSA maar hy kom in Desember 2023 terug huistoe. Hy wil baie graag op n Saai Plaas of Besproeings Plaas werk in die Vrystaat of in die Noord - Kaap.

JD is reg om op jou plaas te kom werk!

Kry JD se CV hier!

JOHAN - Diesel Werktuigkundige


KRY JOHAN SE CV HIER

Johan is 40+ en het 'n mooi en goeie CV en lang lys van ondervinging en vaardighede wat enige groot boer nodig het.

Johan soek 'n verandering in beroep en wil graag op 'n plaas werk.

Johan bring baie meer tafel toe as net sy Diesel Werktuigkundige vaardighede.

Kry Johan se 15-bladsy CV hier en kyk self hoe hy jou boerdery besigheid kan help groei en bestuur.

Johan Van Die Noord Kaap


KLIEK HIER OM CV TE KRY

Johan sê hy wil baie graag op 'n plaas werk.

Hy het nog nie 'n CV gestuur nie maar sê hy het goeie leierskap kwalitiete.

Johan– Ervare man met ’n hart vir die plaas en sy mense


Kry Johan se CV hier!

Johan is ’n standvastige en betroubare man met jare se ervaring in sekuriteit, meganika en plaaswerk. ’n Handige probleemoplosser wat glo in eerlike werk – en wat graag sy kundigheid saam met die boere van Suid-Afrika wil deel.

Johan: Kenner van Skape en Elektrisiteit


Kry Johan se CV hier!

Johan is ’n regte handige ou wat weet hoe werk op ’n plaas lyk. Hy boer al 5 jaar met skape, is ’n gekwalifiseerde elektrisiën, kan sonkrag stelsels hanteer, doen loodgieterwerk en kan goed regmaak as iets breek. Hy’s lief vir die natuur, werk netjies en vat sy werk ernstig op. Hy wil graag in die Wes-Kaap werk op ’n bees- en skaapplaas, besproeiingsplaas of jag-/wildsplaas werk.

Johan: Sterk Ondervinding en Leierskap


Kry Johan se CV hier!

Johan het sowat 12–15 jaar se sterk boerdery-ondervinding met Bonsmara-, Charolais- en Sussex-beeste, Merinoskape, asook gewasse soos mielies, sonneblom, soja, lusern en tef. Hy is baie sterk met trekkerwerk, stroop, plant, spilpunte en besproeiing, en het goeie ondervinding in sweis en algemene instandhouding.

Hy is ’n natuurlike leier wat daarvan hou om saam met ’n span sukses te bou. Johan is bereid om in enige provinsie te werk op ’n bees- en skaapplaas, saai­plaas, besproeiingsplaas of jag-/wildsplaas.

Johan: Sy hart roep na die plaas


Kry Johan se CV hier!

Johan, 'n betroubare en hardwerkende individu met 2 jaar se ondervinding in plaaswerk en kennis as 'n pyppasser.

Hy het 'n diep passie vir die plaaslewe.
Hy skryf: "Dit sal vir my n voorreg wees om n verskil te kan maak op n plaas."

Boere, hier is 'n unieke kans om Johan die geleentheid te gee om sy vaardighede en passie volledig te benut!

Hy wil graag op n Saai Plaas werk in die Vrystaat.

Johannes: Plaasbestuurder


Kry Johannes se CV hier!

Johannes het uitstekende ondervinding in plaasbestuur en plaasvervanger landbou.

Hy werk tans op n plaas in Ierland, maar hy kom terug huistoe in Desember 2023.

In Ierland het Johannes op n vark plaas gewerk met 6000 varke - verskeie stadiums van groei van wieners tot slaggrootte.

Hy is meganies georiënteerd en weet hoe om met sy hande te werk.
Hy skryf: "Ek kan voertuie in stand houding doen, as ook die instandhouding van heining draad en nuwe draad span. Het voerkraal bestuur van bees, skaap en vark voer mengsels gedoen sowel as groente en mielies en koring. Ek het ook ondervinding met besproeiing sowel as water lyne aanlê."
Hy is die perfekte kandidate vir n plaas!

Johannes sê hy sal in enige Provinsie werk.

Jong 25 Jarige Boer Wil Vir Jou Help Saai
Boere in Suid-Afrika; julle weet dit reeds: 'n Man met 'n passie vir die boerdery is 'n goeie boer!



KRY JUSTYN SE CV HIER

Justyn beskryf dit so:

“Boerdery is ’n leefstyl waarin jy gebore word, en nie ’n leefstyl wat jy nie gekies het.”

Ek vind groot vreugde daarin om saad in die grond te plant en dan met geloof in die hart te sien hoe elke plant sy volle volwassenheid bereik en vir ons almal boere of verbreukers, 'n suksesvolle oes gee.

Jovann KAN En WIL Vir SA Boere Werk


KRY JOVANN SE CV HIER

Jovann is nog lekker jong en het reeds goeie boerdery ondervinding.

BOERE: Jovann is nie bang vir werk nie en hy het reeds 'n bestuurs-lisensie en kan ook al jou trekkers bestuur en weet hoe om meeste van jou plaas implemente te gebruik.

Wys vir Jovann net die res en jy het 'n bate op jou plaas wat vir alle boere vandag goud werd is.

Kry Jovann se CV en ander besonderhede op PLAASWERK vandag.

JP: Geniet nuwe uitdagings


Kry JP se CV hier!

JP soek ʼn lekker nuwe uitdaging! Hy is ʼn betroubare werker met ondervinding op ʼn Besproeiings en Saai plaas.
Hy skryf: "Ek geniet uitdagings want dit leer my baie oor myself en wat ek kan hanteer."

JP het ook vir 8 maande in America gewerk op ʼn plaas. Daar het hy geleer van:

-Stikstof op gewasse. (Nitrogen on crops)
-Grondbewerking
-Grondboontjieplukker/Grondboontjiegrawer
-Graan kombineer

In Suid-Afrika ken hy ook van plant en oes van soja's en mielies.

JP wil graag op ʼn Saai of gemengde plaas werk in Gauteng.

Juan: Jonk- Geen My 'n Kans

KLIEK HIER OM CV TE KRY


Kyk my CV. Ek hou daarvan om met diere te werk en in die natuur wees

Jurie: 26 Jaar Saai-Boerdery Ondervinding


Kry Jurie se CV hier!

Jurie is ’n ervare plaasman met meer as 26 jaar ondervinding in boerdery, veral in grootskaalse saaiboerdery en gemengde boerdery. Hy het al as plaasbestuurder op groot plase van tot 6000 hektaar gewerk waar gewasse soos sonneblom, sorghum, saadmielies, grondbone en verskeie groente verbou is.

Hy het uitgebreide ondervinding met John Deere trekkers, stropers en spuite met RTK-stelsels, en hanteer take soos plant, spuit, stroop en algemene plaasbestuur.

Jurie wil graag werk op ’n saai- of besproeiingsplaas. Hy bly tans in Limpopo, maar is bereid om te verhuis vir die regte geleentheid.