Alle Aansoeke

Hieronder is ‘n Paar Aansoeke van Taai MANNE wat Plaaswerk Soek

Boere: Gebruik Die Manne Op Jou Plaas

All | Latest | # A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T W Z
There are currently 7 Names in this directory beginning with the letter C.
Casper: Jonk, Fliks, en reg om sy hande vuil te kry!


Kry Casper se CV hier!

Casper is n jong boer van 23.

Hy het baie ondervinding in akwakultuur (aquaculture) en in algemeen boerderye.

 

Hy skryf: "Ek is baie hardwerkend en my hande staan stil vir niks.Ek is gretig om te leer en ek kan goed met mense werk."

Casper wil graag in die Wes-Kaap werk.

Casper stel belang in die volgende plase:

  • Aquakultuur

  • Bees en Skaap Plaas

  • Saai Plaas

  • Besproeings Plaas

  • Melk Plaas


Casper: Man Wat Kan Boer

KLIEK HIER OM CV TE KRY


Casper is in Mpumalanga en hier is 'n man wat kan boer. In sy CV sal jy woorde sien soos:

Crop management.
Resource management
Operational knowledge of farm equipment.
Mechanical knowledge of agricultural vehicles
and equipment.
Water and irrigation management.

...en nog baie meer.

 

Celliers: Hier is 'n ywerige en toegewyde jong man


Celliers is 'n ywerige en toegewyde jong man, het sy Matriek in 2023 voltooi.

Hy het op 'n plaas grootgeword en wil nou boer. Celliers is gretig om jou te help op die plaas en wil daardeur ook sy eie vaardighede uit brei.

Celliers sê hy benader alle nuwe uitdagings met entoesiasme en is nie bang om sy moue op te rol nie, fisieke arbeid ingesluit.

"Ek het 'n diepgewortelde passie vir landbou en 'n begeerte om by te dra tot die landbou gemeenskap" "Met 'n agtergrond op 'n plaas het ek 'n lewenslange aspirasie om my begrip van landboumetodes te verdiep en 'n betekenisvolle impak in die veld te maak."

KRY CELLIERS SE CV HIER

Christo: Skaap/ Bees en Vis boer!


Kry Christo se CV hier!

Christo is ʼn ervare plaaswerker met agtergrond in skaap-, bees- en visboerdery. Het internasionale ondervinding opgedoen op plase in die VSA. Vaardig met dieresorg, plaastoerusting en algemene take. Betroubaar, hardwerkend en gereed om terug te keer Suid-Afrika toe vir ʼn voltydse pos op ʼn plaas.

Hy is tans in Amerika, maar wil graag terugkeer huistoe na Suid-Afrika en ʼn pos aanvaar op ’n plaas in die Oos-Kaap.

CJ is 25 jaar oud en kan al boer


KRY CJ SE CV HIER:

Werk tans vir n stroper kontrakteur.

Goeie meganiese kennis en agtergrond.

In CV: werksondervinding, verwysings asook kwalifikasies en ander inligting.

Hardwerkend, eerlik en opreg

Conrad - Met Saai & Oes Ondervinding Uit Amerika
 


KLIEK HIER OM CONRAD SE CV TE KRY


Conrad is 'n Vrystaatse boerseun en terwyl hy wag vir sy volgende VISA om weer in Amerkia te gaan help boer kan jy VANDAG se ondervinding op jou plaas gebruik. Hier is wat Conrad vir jou kan doen:

Verbouing van mielies, koring, hawer, Erigrostis teff en lusern.
• Kuddebestuur m.b.t hantering, gesondheid, teeling, voeding en produksie van Bonsmara en Merino.
• Weiding en veldbestuur.
• Finansieële bestuur.
• Rekenaarvaardigheid in Microsoft Word/Excel/Outlook, ens.
• Personeel bestuur.
• Basiese meganiese kennis en instandhouding van John Deere, Massey Ferguson en Case trekkers en implemente.
• Praktiese ingeneurswerke met ARC en CO2 welding, plasma cutter, Oxy/Acetylene gas meng en grinder snywerke.

Conrad is 43 jaar oud - Enkel - Gesondheid - Afrikaans & Engels - Bestuurders Lisensie - EB/Kode8

Conrad; Passievolle bees, skaap en saai boer!
 



KRY CONRAD SE CV HIER

Conrad is 22 Jaar Oud En Reeds 'n Goeie Boer!

Ek is passievolle bees, skaap en saai boer! Ek het die laaste 3 jaar in die VSA geboer maar voel daar is n goeie toekoms vir ons boere in Suid-Afrika en ek wil graag deel wees van hierdie sukses storie.