Alle Aansoeke

Hieronder is ‘n Paar Aansoeke van Taai MANNE wat Plaaswerk Soek

Boere: Gebruik Die Manne Op Jou Plaas

All | Latest | # A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T W Z
There are currently 11 Names in this directory beginning with the letter W.
Walter: Jonk maar vol Ondervinding!


Kry Walter se CV hier!

Walter is ’n hardwerkende jong plaaswerker wat nou al op ’n plaas in Noordwes help en graag voltyds wil werk. Hy kan trekker ry, heinings bou en regmaak, vee merk, en het CO₂- en boogsweis-ondervinding. Hy het ’n Kode 14-lisensie (met PDP) en vat enige taak aan wat vir hom gegee word.

Hy soek werk in Noordwes, die Vrystaat of die Wes-Kaap op ’n saai-, besproeiing- of groenteplaas.

Werner- Hardwerkende Familie Man


Kry Werner se CV hier!

Werner is 44 jaar oud. Hy is ʼn familie man en werk sy lewe lank op ʼn plaas. Hy weet hoe dinge loop op ʼn plaas.

Werner wil graag in die Wes-Kaap werk op enige plaas. Sy hande staan vir niks stil nie!

Wickus Van Noord-Wes Soek Plaaswerk


KRY WICKUS SE CV HIER

Ek is n eerlike hardwerkende jong seun van 17 jaar.
Ek sal my bes probeer om van enige geleentheid wat op my pad mag kom n sukses te maak.
Ek is bereid om hard te leer, hard te werk en die ekstra myl te loop

Wildplaas Bestuurder - Jare se ondervinding


Kobus het 30 jaar se ondervinding in die boerdery wereld. Hy het self met skape en beeste geboer.

Kobus is ook goed bekend in die wildsbedryf - insluitend die toerisme/jag gedeelte van die bedryf.

Kobus is nog 'n lekker jonk - net 56 - met baie energie en met baie ondervinding wat geld nie maklik kan koop nie.

Kry Kobus sy CV vandag HIER en kyk self hoe hy jou kan help op jou plaas en ook dalk om 'n nuwe vertakking vir jou boerdery te begin.

Wilhelm: Die man wat werk reg doen, eerste keer


Kry Wilhelm se CV hier!

Wilhelm – ’n praktiese alleskunner wat passievol is oor boerdery, konstruksie en projekbestuur. Hy wil graag werk op ’n bees-, skaap-, melk-, saai-, vark- of jagplaas. Gauteng-gebaseerd, maar gereed om te verhuis vir die regte kans.

Willem – Tegniese Meester met ’n Hart vir die Plaas


Kry Willem se CV hier!

Boer is in sy bloed! Willem is ’n tegniese meester met meer as 20 jaar ervaring, maar sy hart lê op die plaas. Met sy passie vir vee, sy leierskap en sy hande-aan-aanpak, is hy reg om sy loopbaan in landbou in te ploeg. ’n Ware aanwins vir enige plaas wat ’n betroubare, projek-georiënteerde man soek.

Willem: Beroepsjagter & Boer


Kry Willem se CV hier!

Willem het meer as 18 jaar ondervinding in boerdery en plaasbestuur, waarvan 14 jaar as plaasbestuurder. Hy het uitgebreide ervaring met beeste, skape, varke, wildbestuur, voerprogramme, teelprogramme, siektebeheer en gewasverbouing.

Hy is ook 'n gekwalifiseerde beroepsjagter, beskik oor mediese opleiding en het die afgelope 4 jaar op plase in Amerika gewerk. Willem is 'n hardwerkende, betroubare man wat enige tyd kan begin werk.

Hy stel belang om op 'n bees- en skaapplaas, varkplaas, jag-/wildsplaas of groenteplaas te werk en is bereid om in enige provinsie te werk.

Willem: Gekwalifiseer Plaasbestuurder

Kry sy CV hier


Hier is n sterk en taai jong man wat reg staan om jou te help boer.
Gee hom die regte leiding en binnekort kan hy jou help om jou plaas te bestuur.

Willem het n baie mooi CV.

Wouter vir Saai & Besproeings Bestuurder
Boere in Gauteng: KYK HIER!



KRY WOUTER SE CV - KLIEK HIER!

Wouter is ‘n man van 38 en het reeds 7-jaar ondervinding waar hy GROOT geboer het in die VSA.

Dit het nou tyd geword dat hy sy boerdery kennis en ondervinding terug-ploeg in Suid-Afrika. Kan jy hom gebruik op jou plaas?

Wouter het ‘n vrou en kinders en hy wil graag sy familie op die plaas grootmaak en daarom sal ‘n permanente pos hom uitstekend pas.

Wouter is eerlike en ‘n harde werker wat maklik alleen of in ‘n span kan saamwerk.

Jou mond sal oopval as jy Wouter se CV sien met al die kennis en ondervinding wat jy reeds het.

Boere - kry sy CV nou!

Wynand: Ervare Stroper- en Saaiwerker


Kry Wyanand se CV hier!

Wynand is ’n ervare plaaswerker met praktiese ondervinding in saai- en stroopboerdery, sowel as algemene plaaswerk. Hy het in Suid-Afrika en Amerika gewerk waar hy onder andere stroper bestuur, trokke bestuur, lande voorberei, plant, spuit en kuilvoer gemaak het.

Hy het ook sterk meganiese kennis en kan self toerusting diens, smeer en herstel. Wynand is ’n hardwerkende man wat daarvan hou om op ’n plaas te werk en nog meer te leer.

Hy stel belang om te werk op ’n bees- en skaapplaas, saai­plaas of besproeiingsplaas, en is bereid om in enige provinsie in Suid-Afrika te werk.

Wynand: Plaas Bestuurder

KLIEK HIER OM CV TE KRY


Ek is 50+, is mal ook mense, wilde diere en die natuur.

Toerisme is my passie en plaaswerk  is my lewe.

Tans in Gauteng maar sal enige plak werk.