Alle Aansoeke

Hieronder is ‘n Paar Aansoeke van Taai MANNE wat Plaaswerk Soek

Boere: Gebruik Die Manne Op Jou Plaas

All | Latest | # A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T W Z
There are currently 2 Names in this directory beginning with the letter I.
Ian: Wes Kaap Boer - Kan Onmiddelik Begin Help
Ian: Wes Kaap Boer Met Ondervinding



KLIEK HIER OM IAN SE CV TE KRY

Aandag - alle boere – vanaf die koring saai gebiede in die Suid-Kaap, tot by die Overberg - regdeur die Wynland – verby die Swartland en selfs tot diep in die Namaqualand - HIER is ‘n man wat jou op jou plaas wil help.

Jy sal moet gou spring - ontmoet vir Ian K – hy kan DADELIK op jou plaas begin.

Ian is net so oor die 50 – hy is ‘n gesin man en hy het die regte ondervinding en die regte CV. Kyk maar self.

Ian ken boerdery en hy weet presies hoe om jou op jou plaas te help om die maksimum sukses met jou boerdery te bereik.

Kry Ian se CV nou en nooi hom vir ‘n onderhoud.


Izak: 8 jaar in Saaiboerdery


Kry Izak se CV hier!

Izak is ’n energieke, betroubare en hoogs ervare plaaswerker met meer as 8 jaar praktiese ondervinding in grootskaalse saaiboerdery, beide plaaslik en internasionaal. Hy het waardevolle internasionale ervaring in Amerika opgedoen, waar hy betrokke was by grootskaalse plant- en oesbedrywighede met gevorderde landboumasjinerie. Hy is ’n absolute hardwerker met ’n positiewe lewensinsteling wat nie bang is om sy moue op te rol en die ekstra myl te loop om sukses te behaal nie. Izak beskik oor sterk meganiese en outo-elektriese vaardighede, wat beteken hy kan toerusting self in stand hou en herstel om staantyd op die plaas te minimeer. Hy bly tans in Limpopo en is dadelik beskikbaar vir die regte geleentheid. Izak stel spesifiek belang in werk op ’n Saaiplaas of Besproeingsplaas in Limpopo.