Alle Aansoeke

Hieronder is ‘n Paar Aansoeke van Taai MANNE wat Plaaswerk Soek

Boere: Gebruik Die Manne Op Jou Plaas

All | Latest | # A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T W Z
There are currently 4 Names in this directory beginning with the letter B.
Bekker: Uitstekende Plaas Ondervinding!


Kry Bekker se CV hier!

Bekker het op n bees en wildplaas groot geword. Hys n taai man wat weet hoe om n trekker te ry.
Hy het kennis van verskei tools en swaar masjinerie.
Net om n paar te noem:
-John Deere 9570rt met 'n 75ft Bourgault 3320 planters.
-Case 7230 en 'n 8250 kombineer met 40ft macdon flex headers.
-Orthman tools.

Sy talente eindig nie daar nie, hy het deel geneem in die WRSA (Wildlife Ranching South Africa)
Hy skryf:
"Ons het geteël met Swartwitpense, Roans, Buffels en Nyala en ons het die WRSA gewen."

Bekker gee nie om te trek nie, hy pas by enige plek aan.

Ben: Dinamiese & Professionele met 35+ jaar werkservaring


KRY BEN SE CV HIER

Ben is 'n bekwame en dinamiese professionele persoon met meer as 35 jaar werkservaring.

"My agtergrond sluit die leiding van bedrywighede, prosesse en werknemers in om die sukses van klein en grootskaalse boerderye te bevorder. Ek het ook uitgebreide ervaring opgedoen en groot sukses behaal in die mynbou en die finansiële wêreld." "Ek het ook ondervinding op 12 verskillende plase opgedoen waarop ons verskillende landbouvertakkings bedryf het."

Berne: Jonk Van Gees - Sterk en Lus Vir Werk.


KRY BERNE SE CV HIER

Berne is 43, sterk, jonk van gees met goeie ondervinding.

Hy vra: "Ek wil graag boer en is opsoek na plaaswerk waar ek kan aanbly. Ek is alleen. Ek het my werk verloor as gevolg van Covid en kan dus dadelik begin werk."

Ek is n harde en produktiewe werker wat altyd oplossings soek om uitdaging makliker te oorkom.

Ek is ook meganies aangele en het goeie ondervinding in die opbou van trekkers en ander voertuie.

Ek het ook ondervinding in verskillende kweek van sade, asook groot spilpunt besproeing.

 

Brendan: Jong, Hardwerkende Masjinerie-Operateur


Kry Brendan se CV hier!

Brendan is ’n jong, energieke en betroubare werker met ses jaar se gewasboerdery-ervaring en sowat 8 000 uur praktiese werk in die VSA. Hy is vaardig met groot masjinerie (trekkers, stropers, vragmotors) en beskik oor ’n Kode 14 + PDP. Hy blink uit in veldvoorbereiding, plant, spuitwerk, bemesting en oes. Brendan soek graag werk op enige plaas in die Vrystaat en is bekend vir sy sterk werksetiek, stiptelikheid en leergierigheid. ’n Uitstekende keuse vir boere wat ’n jong, harde werker met masjinerie-ervaring soek.