Alle Aansoeke

Hieronder is ‘n Paar Aansoeke van Taai MANNE wat Plaaswerk Soek

Boere: Gebruik Die Manne Op Jou Plaas

All | Latest | # A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T W Z
There are currently 5 Names in this directory beginning with the letter E.
Edrich is net 22 en reeds 'n profesionele jagter


KRY EDRICH SE CV HIER

Hier is 'n jong man met pure Vrystaat bloed in hom. Hy het 'n groot liefde en passie vir die natuur en vir boerdery. Edrich is eerlik, betroubaar, lojaal en hardwerkend.

Hy is ongetroud en kan onmiddelik `n pos aanvaar en is bereid om te verhuis tot waar jy hom nodig het. Hy sal op enige plaas begin werk want jy wil graag 'n loopbaan in die boerdery bedryf bou.

As jy kommersiele boer en nog boonop 'n jagplaas ook het is Edrich jou man - hy is klaar 'n gekwalifiseerde Profesionele Jagter!

Emke: Jong Boervrou met ’n Toekoms in Landbou


Kry Emke se CV hier!

Emke is ’n jong, passievolle boervrou van die Sentraal Karoo. Met praktiese ervaring in bees, skaap en saai, plus haar Diploma in Plant & Diere Produksie wat sy binnekort voltooi – is sy ’n vars aanwins vir enige plaas in die Wes-Kaap.

Erik: 14 jaar ondervinding as Plaasbestuurder


Kry Erik se CV hier!

Erik is ’n bekwame plaasbestuurder met oor die 14 jaar se ondervinding in die Karoo. Hy’s handig met vee én gewasse, werk lekker saam met mense, en doen dinge reg van die begin af. ’n Regte ou wat sy sout werd is — hardwerkend en vol boerekennis.

Hy stel belang om op ’n bees- of skaapplaas, melkplaas, besproeiingsplaas, of jag-/wildsplaas te werk.
Is bereid om te verhuis na enige provinsie vir die regte geleentheid.

Ettienne Vra Vir Boere Vir 'n Kans Om Homself Te Bewys


KRY ETTIENNE SE CV HIER

Ettienne Wil Boer En Vra Vir Boere In Suid-Afrika Vir 'n Kans Om Homself Te Bewys

Ewan: is n sterk jong man wat lus is vir harde werk


Kry Ewan se CV hier

Ewan was op Oakdale Landbou Hoërskool en het 8 jaar professionele rugby gespeel.

Hy is nou 25 jaar oud en is lus vir harde werk.
Hy het nog altyd n passie vir die plaas gehad.
Hy soek vir n geleentheid om homself te bewys.

Hy stel belang in die volgende plase:

  • Bees en Skaap Plaas

  • Saai Plaas

  • Besproeings Plaas









Ewan wil graag in die Wes-Kaap werk