R15.00
Jaco is ’n hardwerkende man met ’n passie vir boerdery. Hy het ondervinding met plaastoerusting, graanboerdery en sweiswerk. Hy’s bereid om enige plek in die land te werk.
Description
Jaco het ‘n ware passie vir boerdery – hy hou van die buitelewe en geniet fisiese werk.
Hy het goeie ondervinding in foutopsporing en regstelling van plaastoerusting en trekkers. Boonop het hy al met verskeie gewasse gewerk, insluitend mielies, kanola, sojabone, pintobone en Durum-koring.
Jaco het ook vaardighede in sweiswerk en weet hoe om met sy hande te werk – ‘n ware aanpakker!
Hy is gereed om op jou plaas te kom werk en is bereid om na enige provinsie te verhuis.








