Alle Aansoeke

Hieronder is ‘n Paar Aansoeke van Taai MANNE wat Plaaswerk Soek

Boere: Gebruik Die Manne Op Jou Plaas

All | Latest | # A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T W Z
There are currently 9 Names in this directory beginning with the letter R.
Raymond: 4 Jaar Wildplaas Ondervinding


KRY RAYMOND SE CV HIER

Hier Is Nou 'n Boerseun Met 'n Mooi CV!

Raymond Is Nog Lekker Jonk - Hy Het Die Krag, Lus En Ondervinding Om Jou Op Jou Plaas Te Help.

Kry sy CV nou.

Raymond het byna 4 jaar se ondervinding op 'n wildsplaas. Hy hou van boerdery en wil graag meer leer. Hy is tans in Kwa-Zulu Natal maar sal nie omgee om te verhuis nie - na enige plek in Suid-Afrika.

Boere - hier is julle kans om 'n hardwerkende jonk man in diens te neem.

Reon - Trekker- en Stroperoperateur


Kry Reon se CV hier!

Reon is ’n jong, gesonde en hardwerkende ou wat regtig belangstel in boerdery en graag nog wil leer. Hy het reeds ’n 3-weke kursus by Hygro Training College gedoen en kan trekker, stroper en ander plaasmasjiene bestuur. Hy werk netjies, leer vinnig en werk maklik saam met ander. Hy soek werk in Gauteng op ’n bees- en skaapplaas, saai­plaas of besproeiingsplaas.

Riaan: Jonk en WIL Werk

KLIEK HIER OM CV TE KRY


Ek is n hardwerkende persoon pligsgetrou en n ekstrovert.

Ek stel belang om met beeste en n skape te werk dit is my passie en om te leer plant

Limpopo

Riandi- Smag na die Plaaslewe


Kry Riandi se CV hier!

Riandi droom daarvan om op ’n plaas te werk – en sy’s gereed om dit waar te maak!


 

Sy het kursusse voltooi in bees-, skaap-, plant- en gifproduksie, asook ’n trekkerkursus waar sy GPS-stelsels, Auto-Steer en implementhak geleer het. Sy’s hardwerkend en gretig om haar kennis uit te brei.


 

Riandi is van Mpumalanga, maar bereid om na enige provinsie te verhuis


Robert: Leierskappotensiaal


Kry Robert se CV hier!

Robert is reg vir die plaas, hy is ʼn vinnige werker, ambisieus,
hy is ook ʼn ratse leerder en is baie ernstig oor sy werk; Hy skryf:
"Ek het 'n sterk werksetiek en is baie ernstig oor presisie, optimalisering en kwaliteit werk."

Hy wil graag op ʼn wildsplaas werk in die Wes-Kaap.
Maar hy stel ook in die volgende plase belang:

-Melk Plaas
-Bees en Skaap Plaas

Ruan Wil Leer Boer: Noord-Wes


KRY RUAN SE CV HIER

Hier is wat Ruan skryf.

Ek is hardwerkend en leer vinnig. Ek is baie toegewyd en wil graag leer boer. Ek het 'n uitgaande persoonlikheid en hou daarvan om met mense te werk.

Ek is gemaklik om in 'n vinnige, sperdatum-gedrewe omgewings as deel van 'n span of op 'n individuele basis te werk.

Ek beskik oor die vermoë om inisiatief te neem en tyd effektief te bestuur, met 'n natuurlike innerlike dryfkrag om inkomste te verhoog.

Rudolf: Boer is in sy are!


Kry Rudolf se CV hier!

Rudolf het al van kleintyd af geweet wat hy wil wees, n Boer!

Hy werk op sy familie plaas vanaf 2016.

Hy soek graag n geleentheid om n Plaasbestuurder te word.

Rudolf  is ook n gekwalifiseerde sweiser (Level 3).
Hy wil sy hand vuil kry.

Rudolf stel belang in die volgende plase:

  • Bees en Skaap Plaas

  • Vark Plaas

  • Saai Plaas


 

 

Hy wil graag in die Wes Kaap of Noord Kaap werk.

 

Russel Wil Boere Met Hulle Admin Help


 

KLIEK HIER OM CV TE KRY


Boere: Hier is ‘n unieke geleentheid om jou boerdery en besigheid uit te bou.

Russel wil jou nie net help boer nie maak hy wil en hy kan jou help om jou besigheid te bestuur – ook aan die administratiewe kant.

Russel het die kennis - ook rekenaar kennis - daarvoor – en hy het ook lus vir nuwe uitdagings.

In sy CV sal jy onder andere ook die volgende sien:

In my last job – that I lost due to covid, was responsible for, among other duties : Site Supervisor | Payroll Administrator | Buyer | Stock Controller, etc.
Payroll Functions – Activating existing Clock machine, setup and administration
General Supervision of property, Staff and day to day operations
Maintaining neat property and grounds
Administration of Health & Safety
General buying of stock
Stock Control
Some Front Desk & Reception as and when required

Ryno: Jonk, Fluks en reg vir die Plaas.


Kry Ryno se CV hier!

Ryno is 19 jaar oud met plaas ondervinding.
Van sy verantwoordelikhede is:

- Heinings te span
- Ploeg, Plant & Oes
- Bedryf en bestuur van plaastoerusting en vragmotors
- Goeie kennis van meganiese herstelwerk

Ryno is n mensemens en n goeie groepwerker.

Ryno stel in die volgende plase belang:

- Bees en Skaap Plaas
- Saai Plaas
- Besproeiing Plaas
- Wild Plaas

Ryno bly tans in Noord-Wes; maar is gewillige om te trek na enige Provinsie toe.