Alle Aansoeke

Hieronder is ‘n Paar Aansoeke van Taai MANNE wat Plaaswerk Soek

Boere: Gebruik Die Manne Op Jou Plaas

All | Latest | # A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T W Z
There are currently 3 Names in this directory beginning with the letter Z.
Zacharias: Jonk en Vol Energie


Kry Zacharias se CV hier!

Zacharias is ‘n 19-jarige hardwerkende jong man met praktiese ondervinding in algemene handewerk, basiese herstelwerk en die veilige gebruik van krag- en handgereedskap. Hy is fisies fiks, leer vinnig en is nie bang vir harde werk of lang ure nie.

Hy het ‘n groot passie vir die plaaslewe en wil graag van onder af leer en ervaring opdoen. Zacharias stel belang om op enige tipe plaas te werk, hy woon tans in Gauteng, maar is bereid om na enige provinsie te verhuis vir die regte geleentheid.

Zetska: Jong plaasvrou met murg in haar bene


Kry Zetska se CV hier!

Zetska – Jong en leergierig met 7 geakkrediteerde sertifikate en praktiese ondervinding in beesboerdery, masjinerie, oeswerk en besproeiing. Sy bly in Gauteng, maar is gereed om Vrystaat of Wes-Kaap toe te trek. Lief vir bees, skape en wildsplase.

Zuané: Jong vrou met ‘n regte boerehart.


Kry Zuané se CV hier!

Opgeleide jong dame met ‘n passie vir plaaslewe. Gespesialiseer in bees, skaap, bok, wild en dieregesondheid. Sy sê self: “Ek is nie hier om ‘n boer se tyd te mors nie.” Hardwerkend, ernstig oor haar werk, en reg om haar plek op ‘n plaas voluit te vat.