R15.00
Jayten is ’n jong, hardwerkende man met plaasondervinding in wild- en graanboerdery. Hy’s handig, leer vinnig en is nie bang vir harde werk of lang ure nie – reg om sy hande vuil te maak en sy droom in landbou uit te leef. Jayten, sal verkies om in die Gauteng area werk te kry, maar is bereid om te verhuis na Mpumalanga, Limpopo of Noord Wes.
Description
Jayten is tans in matriek en droom daarvan om voltyds op ’n plaas te werk. Hy het al ondervinding opgedoen op ’n wildsplaas in Nylstroom en op ’n graanplaas in Delmas, waar hy alles van grondvoorbereiding en plant tot onderhoud en balering gedoen het.
Hy is handig met gereedskap, kan basiese herstelwerk doen, en weet hoe om trekkers, ’n Skid Steer, TLB en Vaaljapie te gebruik. Jayten hou daarvan om met sy hande te werk en skroom nie om sy hande vuil te maak nie – solank hy buite kan werk, is hy in sy element.
Hy beskryf homself as ’n hardwerkende, betroubare jongman wat bereid is om enige taak aan te pak – van veeversorging en gewaswerk tot algemene instandhouding. Hy leer vinnig, werk goed saam met ander, en is gretig om sy kennis en ervaring verder uit te bou.
Jayten is die tipe jongman wat sy werk met trots doen, respek wys, en die regte ingesteldheid het vir plaaswerk – ’n ware aanwins vir enige plaas, in die Gauteng area. Hy is bereid om te verhuis na Mpumalanga, Limpopo of Noord Wes.








