Johan: Kenner van Skape en Elektrisiteit

R15.00

Johan is ’n regte handige ou wat weet hoe werk op ’n plaas lyk. Hy boer al 5 jaar met skape, is ’n gekwalifiseerde elektrisiën, kan sonkrag stelsels hanteer, doen loodgieterwerk en kan goed regmaak as iets breek. Hy’s lief vir die natuur, werk netjies en vat sy werk ernstig op. Hy wil graag in die Wes-Kaap werk op ’n bees- en skaapplaas, besproeiingsplaas of jag-/wildsplaas werk.

Description

Johan is ’n ou wat nie bang is vir werk nie en wat verstaan hoe dinge op ’n plaas loop. Hy boer al vyf jaar met skape, en weet wat dit vat om elke dag vroeg op te staan en dinge reg te hou. Hy’s lief vir die plaaslewe en die natuur, en voel tuis buite.

Wat Johan baie waardevol maak op ’n plaas, is dat hy baie handig is. Hy is ’n gekwalifiseerde elektrisiën en kan met enkel- en drie-fase krag werk. Hy’s ook bevoeg met sonkrag, wat ’n groot plus is vir enige plaas. As daar krag- of pomp-probleme is, of iets moet herstel word, weet Johan wat om te doen. Hy doen ook loodgieterwerk, algemene instandhouding en kan goed self uitsorteer sonder om elke keer te vra.

Hy werk netjies, dink prakties en hou daarvan dat dinge reg gedoen word. Hy’s nie iemand wat halfpad los nie. As iets nie werk nie, soek hy die fout en los dit op. ’n Boer kan hom vertrou om dinge aan die gang te hou.

Johan is ’n rustig en betroubaar mens. Hy hou van die natuur en die buitelewe, en soek ’n plaas waar hy sy kennis en ondervinding kan gebruik.

Hy wil graag in die Wes-Kaap werk op ’n bees- en skaapplaas, besproeiingsplaas of jag-/wildsplaas, en sal ’n groot aanwins wees vir enige boer wat iemand soek wat kan werk én kan regmaak.