Alle Aansoeke

Hieronder is ‘n Paar Aansoeke van Taai MANNE wat Plaaswerk Soek

Boere: Gebruik Die Manne Op Jou Plaas

All | Latest | # A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T W Z
Showing 25 most recent Names in this directory.
Zacharias: Jonk en Vol Energie


Kry Zacharias se CV hier!

Zacharias is ‘n 19-jarige hardwerkende jong man met praktiese ondervinding in algemene handewerk, basiese herstelwerk en die veilige gebruik van krag- en handgereedskap. Hy is fisies fiks, leer vinnig en is nie bang vir harde werk of lang ure nie.

Hy het ‘n groot passie vir die plaaslewe en wil graag van onder af leer en ervaring opdoen. Zacharias stel belang om op enige tipe plaas te werk, hy woon tans in Gauteng, maar is bereid om na enige provinsie te verhuis vir die regte geleentheid.

Luan: Plaaskind Van Kleins Af


Kry Luan se CV hier!

Luan is 'n 24-jarige jong man wat op 'n familieplaas in Mpumalanga grootgeword het waar hulle met avokado's en makadamias boer. Hy het praktiese ondervinding in vrugteverpakking, uitvoere, stroperwerk, graankarre, basiese meganiese werk en sweiswerk.

Hy leer vinnig, werk hard en wil graag van onder af leer hoe die boer sy plaas bestuur. Luan stel belang om op enige tipe plaas te werk en wil saam met die boerdery groei.

Hy verkies werk in of rondom Mpumalanga, maar is bereid om te verhuis indien verblyf beskikbaar is.

Willem: Beroepsjagter & Boer


Kry Willem se CV hier!

Willem het meer as 18 jaar ondervinding in boerdery en plaasbestuur, waarvan 14 jaar as plaasbestuurder. Hy het uitgebreide ervaring met beeste, skape, varke, wildbestuur, voerprogramme, teelprogramme, siektebeheer en gewasverbouing.

Hy is ook 'n gekwalifiseerde beroepsjagter, beskik oor mediese opleiding en het die afgelope 4 jaar op plase in Amerika gewerk. Willem is 'n hardwerkende, betroubare man wat enige tyd kan begin werk.

Hy stel belang om op 'n bees- en skaapplaas, varkplaas, jag-/wildsplaas of groenteplaas te werk en is bereid om in enige provinsie te werk.

Izak: 8 jaar in Saaiboerdery


Kry Izak se CV hier!

Izak is ’n energieke, betroubare en hoogs ervare plaaswerker met meer as 8 jaar praktiese ondervinding in grootskaalse saaiboerdery, beide plaaslik en internasionaal. Hy het waardevolle internasionale ervaring in Amerika opgedoen, waar hy betrokke was by grootskaalse plant- en oesbedrywighede met gevorderde landboumasjinerie. Hy is ’n absolute hardwerker met ’n positiewe lewensinsteling wat nie bang is om sy moue op te rol en die ekstra myl te loop om sukses te behaal nie. Izak beskik oor sterk meganiese en outo-elektriese vaardighede, wat beteken hy kan toerusting self in stand hou en herstel om staantyd op die plaas te minimeer. Hy bly tans in Limpopo en is dadelik beskikbaar vir die regte geleentheid. Izak stel spesifiek belang in werk op ’n Saaiplaas of Besproeingsplaas in Limpopo.

Romeo: Meganies Aangelê


Kry Romeo se CV hier!

Romeo is 'n 22-jarige jong man wat op soek is na 'n geleentheid in die boerderybedryf. Hy het goeie ondervinding in die motorbedryf opgedoen en beskik oor waardevolle meganiese kennis en probleemoplossings vaardighede.

Hy is hardwerkend, leer vinnig en is bereid om nuwe vaardighede aan te leer. Romeo stel belang om op 'n saaiplaas te werk en is bereid om te verhuis vir die regte geleentheid.

Hannes: 40 Jaar Boerderyervaring


Kry Hannes se CV hier!

Hannes het meer as 40 jaar boerdery-ondervinding en het al as plaasbestuurder gewerk waar hy verantwoordelik was vir kuddes van 700 tot 1000 kommersiële beeste, voerkrale, kuilvoer en algemene plaasbestuur.

Hy het uitgebreide ondervinding met beeste, skape, saaiwerk, besproeiing, trekkers, vragmotors, plaasmasjinerie, siektebeheer, lewendehawe-vervoer en meganiese werk. Hannes het ook in Amerika gewerk en beskik oor 'n Kode 14 lisensie.

Hy stel belang om op 'n bees- en skaapplaas, saaiplaas of besproeingsplaas in Noordwes te werk.

Thunis Cronje: 22 Jaar Plaaservaring


Kry Thunis se CV hier!

Thunis is 'n ervare plaasman met meer as 22 jaar ondervinding in saaiboerdery en besproeiing. Hy het uitgebreide ervaring met landvoorbereiding, plant, spuit, stroop, chemiese mengsels, stroperwerk en algemene instandhouding van toerusting en voertuie.

Hy is 'n lojale, eerlike en hardwerkende man wat daarvan hou om deel van 'n span te wees en vir die langtermyn op 'n plaas te vestig. Thunis glo daarin om werk reg te doen en resultate te lewer waarop 'n boer kan staatmaak.

Hy stel belang om op 'n saaiplaas of besproeiingsplaas te werk in die Vrystaat of KwaZulu-Natal.

Diaan: Tegnies Sterk Werker


Kry Diaan se CV hier!

Diaan is 'n hardwerkende en gemotiveerde jong man wat graag 'n loopbaan in die boerderybedryf wil opbou. Hy werk al meer as twee jaar as NDT Tegnikus waar hy verantwoordelik is vir inspeksies, kwaliteitsbeheer en die opleiding van nuwe personeel.

Hy is gewoond aan fisiese werk, lang ure en om onder druk te presteer. Met sy tegniese agtergrond, probleemoplossings vermoë en bereidwilligheid om te leer, sal hy 'n waardevolle aanwins wees vir enige boerdery.

Diaan stel belang om op 'n bees- en skaapplaas, melkplaas, saaiplaas, varkplaas, besproeiingsplaas, jag-/wildsplaas of groenteplaas te werk en is bereid om na enige provinsie te verhuis vir die regte geleentheid.

Robert: Ervare Plaasbestuurder


Kry Robert se CV hier!

Robert is 'n hardwerkende, eerlike en reguit plaasman met jare se ondervinding in skaapboerdery, plaasbestuur, instandhouding, bouwerk en jagbedrywighede. Hy is nie bang om sy hande vuil te maak nie en het uitgebreide ervaring met heinings, waterstelsels, windpompe, damme, paaie en algemene plaasinfrastruktuur.

Hy het ook ondervinding met sitrus, fynbos, werkswinkelwerk, siviele konstruksie en meganiese instandhouding. Robert leer vinnig, pak enige taak aan en hou daarvan om oplossings te vind.

Hy stel belang om op 'n bees- en skaapplaas, jag-/wildsplaas of enige ander plaas te werk in die Noord-Kaap of Wes-Kaap.

Deon: Wyse man met baie Ondervinding


Kry Deon se CV hier!

Deon is ’n passievolle en hoogs ervare instandhoudings- en plaasbestuurder met ’n groot liefde vir landbou en die buitelewe. Hy is uitsonderlik vaardig met die herstel en instandhouding van alle masjinerie en voertuie, algemene plaas-instandhouding, besproeiingstelsels, sweiswerk en het goeie praktiese kennis van perdversorging. Hy is ’n lojale hardwerker wat dinge regte manier wil doen, foute self kan opspoor en oplos, en vinnig verantwoordelikheid neem op die grond. Deon werk uitstekend as voorman of onafhanklik, en bring jare se volwasse leierskap en praktiese dissipline na die omgewing. Hy soek ’n geleentheid waar hy en sy getroude vrou kan inwoon. Hy stel belang in enige tipe plaas en is ten volle bereid om te verhuis na die Kaap, KwaZulu-Natal of die Vrystaat.

Franco: Lojale Plaasaanwins


Kry Franco se CV hier!

Franco is ’n energieke en hardwerkende plaaswerker met ’n groot passie vir landbou en die plaaslewe. Hy is vaardig met trekkerbestuur, basiese sweiswerk, algemene plaas-instandhouding en het goeie kennis van veeversorging.

Hy is iemand wat werk raaksien, dinge reg wil doen die eerste keer en nie bang is vir lang ure of harde werk nie. Franco werk goed alleen of saam met ’n span en pas vinnig aan by nuwe omgewings en maniere van boer.

Hy bly tans in die Vrystaat, maar is bereid om te verhuis vir die regte geleentheid. Franco stel belang in werk op ’n Bees- en Skaapplaas of Saai­plaas.

Jurie: 26 Jaar Saai-Boerdery Ondervinding


Kry Jurie se CV hier!

Jurie is ’n ervare plaasman met meer as 26 jaar ondervinding in boerdery, veral in grootskaalse saaiboerdery en gemengde boerdery. Hy het al as plaasbestuurder op groot plase van tot 6000 hektaar gewerk waar gewasse soos sonneblom, sorghum, saadmielies, grondbone en verskeie groente verbou is.

Hy het uitgebreide ondervinding met John Deere trekkers, stropers en spuite met RTK-stelsels, en hanteer take soos plant, spuit, stroop en algemene plaasbestuur.

Jurie wil graag werk op ’n saai- of besproeiingsplaas. Hy bly tans in Limpopo, maar is bereid om te verhuis vir die regte geleentheid.

Wynand: Ervare Stroper- en Saaiwerker


Kry Wyanand se CV hier!

Wynand is ’n ervare plaaswerker met praktiese ondervinding in saai- en stroopboerdery, sowel as algemene plaaswerk. Hy het in Suid-Afrika en Amerika gewerk waar hy onder andere stroper bestuur, trokke bestuur, lande voorberei, plant, spuit en kuilvoer gemaak het.

Hy het ook sterk meganiese kennis en kan self toerusting diens, smeer en herstel. Wynand is ’n hardwerkende man wat daarvan hou om op ’n plaas te werk en nog meer te leer.

Hy stel belang om te werk op ’n bees- en skaapplaas, saai­plaas of besproeiingsplaas, en is bereid om in enige provinsie in Suid-Afrika te werk.

Luan: Gereed om te Groei


Kry Luan se CV hier!

Luan is ’n jong en gemotiveerde man met ’n groot passie vir boerdery. Hy het reeds ondervinding in melk- en beesboerdery en is gretig om nog meer te leer oor die plaaslewe.

Hy is ’n betroubare, eerlike en hardwerkende werker wat nie bang is vir lang ure of fisiese arbeid nie. Luan leer vinnig, werk goed saam met ander en wil graag by ervare boere leer om sy kennis verder uit te bou.

Hy bly tans in die Noord-Kaap, maar is bereid om te verhuis vir die regte geleentheid. Hy stel belang om te werk op ’n bees- en skaapplaas, melkplaas, saai­plaas, besproeiingsplaas, jag-/wildsplaas of groenteplaas.

Lian: Jong en Gemotiveerde Boerseun


Kry Lian se CV hier!

Lian is ’n 20-jarige jong plaaswerker met praktiese ondervinding in saai- en stroopwerk, asook basiese diesel-meganika. Hy het sonneblom en mielies gestroop, tapkar gery in Amerika, lande bewerk en trekkers met GPS-stelsels bestuur.

Hy het opleiding ontvang in melk- en saaiboerdery en kan werk met TLB’s, stropers en ander plaasmasjiene. Lian soek werk in Noordwes op ’n bees- en skaapplaas of saai­plaas.

Johan: Sterk Ondervinding en Leierskap


Kry Johan se CV hier!

Johan het sowat 12–15 jaar se sterk boerdery-ondervinding met Bonsmara-, Charolais- en Sussex-beeste, Merinoskape, asook gewasse soos mielies, sonneblom, soja, lusern en tef. Hy is baie sterk met trekkerwerk, stroop, plant, spilpunte en besproeiing, en het goeie ondervinding in sweis en algemene instandhouding.

Hy is ’n natuurlike leier wat daarvan hou om saam met ’n span sukses te bou. Johan is bereid om in enige provinsie te werk op ’n bees- en skaapplaas, saai­plaas, besproeiingsplaas of jag-/wildsplaas.

Francois - Tegnies Sterk Plaasvoorman


Kry Franscois CV hier!

Francois is ’n ervare en hardwerkende plaasman wat tans al vir die vyfde jaar in Amerika werk. Hy kan met byna enige masjien werk – van stroop, plant en tapkar ry tot skietsteer, TLB’s en ekskavators.

Hy het breë ondervinding met beeste, skape, bye, groente, piesangs, avokado’s en neute, asook sterk tegniese vaardighede in sweiswerk, dieselmeganika en herstelwerk.

Francois soek werk in Limpopo op ’n bees- en skaapplaas, saai­plaas, varkplaas, besproeiingsplaas, jag-/wildsplaas of groenteplaas.

Jan - Ervare Opsigter met Jare se Lewe-ervaring


Kry Jan se CV hier!

Jan is ’n 68-jarige enkellopende man in goeie gesondheid, met sober gewoontes en ’n sterk werksetiek. Hy rook nie, gebruik nie drank nie, en werk graag met sy hande. Hy hou van diere, die natuur en die stilte van die plaaslewe.

Hy sal veral goed pas op ’n plaas waar boerdery gestaak is en die eienaar iemand soek om die plaas, geboue en besittings netjies, veilig en in stand te hou.

Van sy vaardighede behels:

- Sekuriteitsbeampte en kontant-in-transit bestuurder.
- Bou- en instandhoudingskontrakteur.
- Waterboor toesighouer.
- Deputy Sheriff.
- Timmerman.

Jan wil graag in die Wes-Kaap of Noord-Kaap werk, maar is oop vir enige provinsie. Hy is bereid om op enige tipe plaas te werk.

Walter: Jonk maar vol Ondervinding!


Kry Walter se CV hier!

Walter is ’n hardwerkende jong plaaswerker wat nou al op ’n plaas in Noordwes help en graag voltyds wil werk. Hy kan trekker ry, heinings bou en regmaak, vee merk, en het CO₂- en boogsweis-ondervinding. Hy het ’n Kode 14-lisensie (met PDP) en vat enige taak aan wat vir hom gegee word.

Hy soek werk in Noordwes, die Vrystaat of die Wes-Kaap op ’n saai-, besproeiing- of groenteplaas.

Arno: 3-Jaar Praktiese Ondervinding


Kry Arno se CV hier!

Arno is ’n hardwerkende en betroubare plaaswerker met 3 jaar se ondervinding, waarvan 2 jaar in Amerika en 1 jaar in Suid-Afrika. Hy het grootgeword op ’n bees- en wildplaas, werk netjies, het sober gewoontes en glo daarin om eers iets reg te maak voor mens nuut koop. Hy soek ’n langtermyn werksgeleentheid in Noordwes waar hy kan vastrapplek kry en ’n toekoms bou.

Hy stel belang om te werk op ’n bees- en skaapplaas, saai­plaas, melkplaas, besproeiingsplaas of jag-/wildsplaas.

Daryll: Betroubare Saai- en Wingerdwerker


Kry Daryll se CV hier!

Daryll is ’n betroubare, eerlike en hardwerkende ou met 2 jaar se ondervinding in wingerde en ’n diploma in boerderybestuur. Hy het ondervinding met besproeiing, wingerdmonitering, kelderwerk en oeswerk, en het al as groepleier en kwaliteitsbeheer opgetree. Hy hou van plaaswerk en wil nog leer.

Hy soek werk in die Wes-Kaap, verkieslik op ’n saai­plaas, maar is oop vir enige ander plaas.

Reon - Trekker- en Stroperoperateur


Kry Reon se CV hier!

Reon is ’n jong, gesonde en hardwerkende ou wat regtig belangstel in boerdery en graag nog wil leer. Hy het reeds ’n 3-weke kursus by Hygro Training College gedoen en kan trekker, stroper en ander plaasmasjiene bestuur. Hy werk netjies, leer vinnig en werk maklik saam met ander. Hy soek werk in Gauteng op ’n bees- en skaapplaas, saai­plaas of besproeiingsplaas.

Johan: Kenner van Skape en Elektrisiteit


Kry Johan se CV hier!

Johan is ’n regte handige ou wat weet hoe werk op ’n plaas lyk. Hy boer al 5 jaar met skape, is ’n gekwalifiseerde elektrisiën, kan sonkrag stelsels hanteer, doen loodgieterwerk en kan goed regmaak as iets breek. Hy’s lief vir die natuur, werk netjies en vat sy werk ernstig op. Hy wil graag in die Wes-Kaap werk op ’n bees- en skaapplaas, besproeiingsplaas of jag-/wildsplaas werk.

Drayco: is Honger om te leer!


Kry Drayco se CV hier!

Drayco is ’n doelgedrewe en hardwerkende jong man met ’n passie vir die buitelewe en ’n honger om te leer. Hy is sober, gesond, vinnig om aan te pas, en floreer onder druk. Drayco het praktiese ervaring met kalwers onthoring en het al gewerk by ’n praktiese plaasprojek en kliëntediens-werk opgedoen. Hy’s gretig om meer te leer oor plaasbestuur en alle aspekte van plaaswerk. Sy voorkeur is om in Mpumalanga op elke soort plaas te werk en hy’s bereid om hard te staan vir die regte kans.

Algar: Trekkeroperator met GPS- en AgriSETA-opleiding


Kry Algar se CV hier!

Algar is ’n hardwerkende jong man met sterk leierskap, goeie waardes en ’n regte passie om in die landbou in te groei. Hy het praktiese ervaring met groot John Deere-trekkers, implemente, basiese sweiswerk, GPS-tegnologie en plaas veiligheid. Hy leer vinnig, werk netjies en hou sy standaarde hoog.

Hy wil graag op ’n plaas in Noordwes of die Vrystaat werk, en is bereid om te verhuis en permanent op die plaas te bly.