Alle Aansoeke

Hieronder is ‘n Paar Aansoeke van Taai MANNE wat Plaaswerk Soek

Boere: Gebruik Die Manne Op Jou Plaas

All | Latest | # A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T W Z
There are currently 9 Names in this directory beginning with the letter H.
Handre Wil Boer In Die Noord & Wes-Kaap


KRY HANDRE SE CV HIER

Handre bly al sy hele lewe lank op 'n plaas. Hy weet wat dit beteken om te boer.

Nou wil Handre sy vlerke sprei en nuwe boerdery ondervinding opdoen.

Hier is ‘n boodskap aan boere in die Noord-Kaap en in die Wes-Kaap: Kry Handre se CV vandag en jy sal sien hoe maklik dit sal wees om hom dadelik op jou plaas te kan gebruik.

Hy hoef nie vir Handre op te pas nie. Hy het al genoeg ondervinding om die basiese goed te doen. Sy ondervinding strek van besproeiing tot trekker_en skaapwerk.

Hannes: 40 Jaar Boerderyervaring


Kry Hannes se CV hier!

Hannes het meer as 40 jaar boerdery-ondervinding en het al as plaasbestuurder gewerk waar hy verantwoordelik was vir kuddes van 700 tot 1000 kommersiële beeste, voerkrale, kuilvoer en algemene plaasbestuur.

Hy het uitgebreide ondervinding met beeste, skape, saaiwerk, besproeiing, trekkers, vragmotors, plaasmasjinerie, siektebeheer, lewendehawe-vervoer en meganiese werk. Hannes het ook in Amerika gewerk en beskik oor 'n Kode 14 lisensie.

Hy stel belang om op 'n bees- en skaapplaas, saaiplaas of besproeingsplaas in Noordwes te werk.

Hanro Is Reg Om Te Begin Boer


KRY HANRO SE CV HIER

Hanro Se Ondervinding en Opleiding Is In Siviele Ingenieurswese - Maar Hy Wil Boer

Hanru Vir Al Jou Dieselwerktuigkundige Op Die Plaas!


KRY HANRU SE CV HIER

Hier is 'n sterk jong man, sopas matriek geskryf. Hy het reeds sy beroep as dieselwerktuigkundige gekies - nou wil hy werk.

Hanru sê:

Ek stel baie belang in dieselenjins en hoe hulle werk, ek is mal daaroor om met my hande te werk en meganiese probleme op te los. Om in hierdie veld 'n beroep te maak vereis dit dat ek praktiese indiensopleiding moet kry terwyl ek deeltyds aan my akademiese kwalifikasie werk.

Ek is nie 'n persoon wat daarvan hou om agter 'n rekenaar te sit nie en my liefde vir enige meganiese toestel wys dat ek 'n toegewyde persoon is en my uiterste bes sal gee in hierdie ambag.

Ek is 'n harde werker en sal altyd my beste gee!

Is daar boere in Suid-Afrika wat hierdie jong sterk man praktiese indiensopleiding as dieselwerktuigkundige op julle plaas kan gee?

Komaan boere - ons almal het elke dag 'n dieselwerktuigkundige op die plaas nodig!

 

 

 

Heinrich – Groot passie vir diere en eerlike werk


Kry Heinrich se CV hier!

Heinrich is ’n eerlike, hardwerkende man met jare se ondervinding in vee- en gewaswerk. Hy is passievol oor diere, buitelewe en eerlike werk – die soort man wat nie bang is vir harde werk of lang ure nie.

Heinrich stel belang om op ’n bees en skaap plaas te werk in enige provinsie.

Helgard: Merensky Student Wil Boer


Kry Helgard se CV hier:

Ondervinding soos: Wildvang, inenting en vervoer van Buffels, Swartwitpense en Rooibokke.
Help wildveearts by verskeie geleenthede

Ondervinding in landbou soos rissies en mango's. Veeteelt & Plaas instandhouding.

Herman: Entoesiastiese Beginner vir Wildsplaaspos


Kry Herman se CV hier!

Herman is ’n jong man wat in 2024 gematrikuleer het en ’n groot liefde het vir wild, natuur en diere. Hy droom daarvan om sy loopbaan op ’n jag- of wildplaas te begin. Hy soek werk in Gauteng, is leerbaar, gemotiveerd en gereed om sy hande vuil te maak.

Herman: Hiers n man wat wil
Kry Herman se CV hier

Boere hiers n man wat wil.

Herman het ondervinding in bees, skaap en hoender boerdery.

Hy is n strek man wat reg is om meer te leer en wat wil werk.

Hy wil graag in Noord-Wes werk.



 

 

 

 

Hugo: Saai Boer


Hugo is 'n mielie boer deur en deur en daar is geen plek so lekker as om in die kouer Vrystaat met millies en vleis beeste te boer nie.

DIT is presies waar Hugo hom tans bevind - besig om te ploeg in die mooi vrugbare grond in die Vrystaat.