Alle Aansoeke

Hieronder is ‘n Paar Aansoeke van Taai MANNE wat Plaaswerk Soek

Boere: Gebruik Die Manne Op Jou Plaas

All | Latest | # A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T W Z
There are currently 6 Names in this directory beginning with the letter S.
SAAI BOERE: FRANCOIS IS 26 MET BAIE ONDERVINDING


KRY FRANCOIS SE CV HIER

Francois is nog lekker jong (26) en het reeds BAIE ondervinding wat hy met jou kan deel en waarmee hy jou mee kan help op jou plaas.

SAAI BOERE: Julle sal beindruk wees met hierdie jong man se CV, kennis en die boerdery toerusting waarop hy homself reeds bekwaam het.

Francois sê hy hou daarvan om nuwe dinge te leer en mens kan dit in sy CV sien.

Hy skryf verder:

Ek is toegewyd en hardwerkend. Ek het 'n passie vir die natuur, en hou daarvan om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem.

Ek is altyd bereid om te leer. Ek glo dat ek maklik sal aanpas by enige situasie wat ek kan teëkom.

Ek werk al die afgelope 4 jaar in die VSA en ek is nou terug in Suid-Afrika om my uitgebreide kennis, wat ek opgedoen oor verskeie boerderymetodes te gebruik om boere in SA te help.

Salome - Staatmaker Boer
Salome Is 'n Staatmaker Boer

Hierdie vrou se hande staan vir niks verkeerd nie.



Kry Salome Se CV Vandag Nog: KLIEK HIER

Salome wil nie net boer nie - sy weet ook hoe en sy het die papier [ Agricultural Diploma - Glen Agricultural College] om dit te bewys.

Salome het 30 jaar se ondervinding en vir die laaste twee daarvan het sy in Amerika op groot plase geboer. As jy haar CV sien sal jy dadelik haar kennis en ondervinding vir jou boerdery wil hê - dis verseker.

Boere is Suid-Afrika: Hier is die regterhand wat jy noual lankal vir jou boerdery gesoek het. Praat self met Salome. Kry haar CV vandag HIER en kyk wat sy vir jou kan doen.

Sebastiaan: Spesialis in Knoffelverbouing


Kry Sebastiaan se CV hier!

Sebastiaan is ’n ervare plaasbestuurder met ’n goeie oog vir detail. Hy het ondervinding in knoffelverbouing, vee bestuur, plaasinfrastruktuur, masjinerie en personeeltoesig.

Hy is op soek na werk op ’n besproeiings-, saai- of bees- en skaapplaas, en is bereid om na enige provinsie te verhuis.

Shaundre Wil Graag Leer en Begin Boer


KRY SHAUNDRE SE CV HIER

Ek het onlangs Matriek voltooi - MET vakke was landbou wetenskappe en landbou tegnologie. Ek is ook goed rekenaarvaardig

Ek het uitstekende kommunikasievaardighede in Engels en in Afrikaans.

Ek is jonk, sterk en reg om 'n loopbaan te begin.

Ek is 'n harde werker, 'n vinnige leerder, 'n goeie kommunikeerder en in staat om in 'n span te werk. Ek is toegewyd tot die bereiking van gestelde doelwitte, eerlik en betroubaar.

Sheldon Wil Boer


Kry Sheldon Se CV Hier

Sheldon se boodskap: Gee my ‘n kans om vir jou te werk. Ek sal nie teleurstel nie. Ek wil graag boer en my kennis en ervaring aan wend om jou op jou plaas te help. Ek het ‘n langtermyn loopbaan in die landbou ingedagte.

Ek is ‘n vinnige leerder wat hou van nuwe uitdagings.

Kyk my CV vir meer inligting

Stef Bastiaan: Wyse man met die wêreld se ondervinding


Kry Stef se CV hier

Stef het baie ondervinding met swaar masjinerie.
Hy skryf: "Ek werk goed onder druk"

Stef stel belang in die volgende plase:

  • Bees en Skaap Plaas

  • Saai Plaas

  • Groente Plaas

  • Besproeings Plaas

  • Melk Plaas


Hy wil in die Wes-Kaap werk.