Bartholomeus: Meester van Masjinerie

R15.00

Bartholomeus is ’n hardwerkende en betroubare plaasman met bestuursondervinding en praktiese kennis van bees-, wild- en algemene boerdery. Hy kan met trekkers, swaar masjinerie en plaasimplemente werk en het goeie kennis van besproeiing, boorgate, heinings, paaie en algemene instandhouding. Hy het ook H-2A-ondervinding in Amerika met vee, voer en plaasmasjinerie. Hy is tans in Amerika en wil graag terugkom Suid-Afrika toe.
Bartholomeus verstaan Zulu en kan dit ook ’n bietjie praat. Dit kan ’n groot aanwins wees vir ’n boer in KwaZulu-Natal. Hy wil graag op ’n bees- en skaapplaas, besproeiingsplaas of jag-/wildsplaas werk.

Description

Bartholomeus is ’n praktiese en hardwerkende landbouman met goeie ondervinding in verskillende aspekte van boerdery. Hy het al as plaasbestuurder gewerk en is gewoond daaraan om verantwoordelikheid te vat en seker te maak dat die werk gedoen word.

Hy het goeie ondervinding met beesboerdery, insluitend voeding, versorging, kuddebestuur, behandeling en algemene vee-werk. Hy het ook op ’n wildplaas gewerk waar hy verantwoordelik was vir werkers, instandhouding, waterstelsels, pype, heinings, paaie en plaasgeboue.

Bartholomeus is handig met trekkers, swaar plaasmasjinerie en grondverskuiwingstoerusting en het ook kennis van kunsmistoediening, grondvoorbereiding, plant- en oeswerk. Hy het goeie praktiese kennis van boorgate en waterstelsels, insluitend die instandhouding en herstel van boorgatpompe.

Sy H-2A-ondervinding in Amerika het sy plaaservaring verder uitgebrei. Daar het hy met beeste en swaar landboumasjinerie gewerk, hooi en lusern gebaal, grond bewerk, voer bestuur en vee behandel. Hy het ook ondervinding in visboerdery, damme, waterkwaliteit en algemene plaasinstandhouding.

Hy is ’n positiewe persoon wat goed met mense kan werk, maar ook onafhanklik sy werk kan doen. Hy is bereid om hard te werk, verantwoordelikheid te vat en nuwe dinge aan te leer. Bartholomeus verstaan Zulu en kan dit ook ’n bietjie praat. Dit kan ’n groot aanwins wees vir ’n boer in KwaZulu-Natal. Hy wil graag op ’n bees- en skaapplaas, besproeiingsplaas of jag-/wildsplaas werk.