Luan: Plaaskind Van Kleins Af

R15.00

Luan is ‘n 24-jarige jong man wat op ‘n familieplaas in Mpumalanga grootgeword het waar hulle met avokado’s en makadamias boer. Hy het praktiese ondervinding in vrugteverpakking, uitvoere, stroperwerk, graankarre, basiese meganiese werk en sweiswerk.

Hy leer vinnig, werk hard en wil graag van onder af leer hoe die boer sy plaas bestuur. Luan stel belang om op enige tipe plaas te werk en wil saam met die boerdery groei.

Hy verkies werk in of rondom Mpumalanga, maar is bereid om te verhuis indien verblyf beskikbaar is.

Description

Luan het van kleins af op ‘n familieplaas in Witrivier, Mpumalanga grootgeword waar hulle met avokado’s en makadamias boer. Hy verstaan die plaaslewe en geniet dit om buite te werk.

Hy het waardevolle ervaring opgedoen met:

-Avokado- en makadamiaboerdery
-Vrugteverpakking en uitvoere
-Litchi-verpakking
-Werk met boksvoumasjiene
-Bestuur van stropers (combines)
-Graankarre en vragmotors
-Basiese meganiese herstelwerk
-Gas- en boogsweiswerk
-Algemene plaaswerk

Luan is ‘n jong man wat maklik aanpas en graag nuwe dinge leer. Hy glo daarin om eers te luister, te leer hoe die boer dinge doen en dan sy volle gewig in te gooi. Hy is nie bang om onder te begin nie en wil homself bewys deur harde werk en ‘n goeie houding.

Hy is lief vir die buitelewe, jag, visvang en alles wat met die plaaslewe saamgaan. Sy doel is om ‘n langtermyngeleentheid te kry waar hy kan groei, meer verantwoordelikheid kan aanvaar en met verloop van tyd ‘n waardevolle deel van die span kan word.

Luan stel belang om op enige tipe plaas te werk.

Hy verkies werk in Mpumalanga, maar is bereid om te verhuis indien verblyf beskikbaar is.