R15.00
Lian is ’n 20-jarige jong plaaswerker met praktiese ondervinding in saai- en stroopwerk, asook basiese diesel-meganika. Hy het sonneblom en mielies gestroop, tapkar gery in Amerika, lande bewerk en trekkers met GPS-stelsels bestuur.
Hy het opleiding ontvang in melk- en saaiboerdery en kan werk met TLB’s, stropers en ander plaasmasjiene. Lian soek werk in Noordwes op ’n bees- en skaapplaas of saaiplaas.
Description
Lian is ’n jong, energieke plaasman wat in 2023 matriek voltooi het en van daar af sy hart op boerdery gesit het. Ná skool het hy sy pa gehelp met diesel pompe en inspuiters, waar hy waardevolle tegniese ondervinding opgedoen het.
Hy het daarna ’n kursus by ’n opleidingsplaas voltooi waar hy die basiese beginsels van melk- en saaiboerdery geleer het.
Daar het hy praktiese ondervinding gekry in:
Plant en stroop
Hoëvryhoogte spuite
Voer met trekker en voermenger
Melkprosesse
Trekkerbestuur met GPS
TLB gebruik
Basiese diens en onderhoud op plaasmasjinerie
Basiese CO₂-sweiswerk
Hy het in 2024 op ’n plaas in Coligny gewerk waar hy sonneblom en mielies gestroop het en verder die basiese meganiese werk op diesel voertuie aangeleer het.
Internasionaal het hy ook waardevolle ondervinding opgedoen:
In 2024 het hy vir ’n maand in Amerika trok gery.
In 2025 was hy weer daar vir twee maande waar hy tapkar gery en lande bewerk het.
Hy het ook suikerbeet vervoer en met groot toerusting gewerk soos John Deere 9RX trekkers tydens bewerkings en stroopseisoen.
Lian is nie bang vir lang ure of harde werk nie. Hy leer vinnig, gee nie maklik op nie en vat verantwoordelikheid vir sy take. Wat hom dryf, is sy liefde vir die plaaslewe. Hy sê self dat om op ’n plaas te werk hom vry laat voel, en dat hy weet hy help kos op mense se tafels sit wanneer hy sy werk doen.
Hy soek werk in Noordwes op ’n:
Bees- en skaapplaas of Saaiplaas








