R15.00
Tristan is ‘n 19-jarige jong man met ‘n groot passie vir die plaaslewe, diere en landbou. Hy het praktiese ondervinding met beeste, kalwers, wild, algemene plaaswerk, trekkers en landboumasjinerie en is meganies aangelê.
Hy is hardwerkend, leer vinnig en is bereid om van onder af te begin om ervaring op te bou. Tristan wil graag op enige tipe plaas werk en is bereid om na enige provinsie te verhuis vir die regte geleentheid. Hy woon tans in Noordwes.
Description
Tristan is ‘n jong, energieke plaasman wat sy loopbaan in die boerdery wil bou. Van kleins af geniet hy die buitelewe en het hy ‘n groot liefde vir diere en plaaswerk ontwikkel. Hy hou daarvan om prakties besig te wees, probleme op te los en sy hande vuil te maak.
Gedurende sy skooljare het hy elke geleentheid gebruik om praktiese ervaring op te doen. Hy het ondervinding met:
–Beeste, kalwers en wild
–Algemene plaaswerk
–Trekkers en landboumasjinerie
–Basiese meganiese werk
–Gebruik van gereedskap
Tristan is fisies sterk, tegnies aangelê en werk net so goed alleen as saam met ‘n span. Hy beskik oor ‘n Kode EB-bestuurslisensie, het sy eie vervoer en is bereid om lang ure te werk wanneer dit nodig is.
As rugbykaptein het hy geleer om verantwoordelikheid te neem, ander te lei en altyd sy beste te gee. Hy glo dat eerlikheid, dissipline en respek die grondslag van goeie werk is en dat vertroue deur harde werk verdien word.
Hy soek nie net ‘n werk nie, maar ‘n plaas waar hy vir die lang termyn kan vestig, nuwe vaardighede kan aanleer en saam met die boerdery kan groei. Hy is bereid om onder te begin en homself deur sy werk te bewys.
Tristan stel belang om op enige tipe plaas te werk.
Hy woon tans in Noordwes, maar is bereid om na enige provinsie te verhuis vir die regte geleentheid.








