Romeo: Meganies Aangelê

R15.00

Romeo is ‘n 22-jarige jong man wat op soek is na ‘n geleentheid in die boerderybedryf. Hy het goeie ondervinding in die motorbedryf opgedoen en beskik oor waardevolle meganiese kennis en probleemoplossings vaardighede.

Hy is hardwerkend, leer vinnig en is bereid om nuwe vaardighede aan te leer. Romeo stel belang om op ‘n saaiplaas te werk en is bereid om te verhuis vir die regte geleentheid.

Description

Romeo is ‘n jong, energieke man wat graag ‘n loopbaan in die boerderybedryf wil opbou. Hoewel sy agtergrond hoofsaaklik in die motorbedryf is, het hy oor die jare waardevolle praktiese ervaring opgedoen en ‘n goeie begrip van meganiese werk ontwikkel.

Hy is iemand wat daarvan hou om met sy hande te werk en probleme op te los. Sy ondervinding in die motorbedryf het hom geleer om noukeurig te werk, verantwoordelikheid te vat en oplossings te vind wanneer dinge nie volgens plan verloop nie.

Romeo het nog nie die geleentheid gehad om permanent in die boerderybedryf te werk nie, maar hy is gretig om te leer en homself te bewys. Hy verstaan dat boerdery harde werk verg en is bereid om van onder af te begin en ervaring op te bou.

Wat Romeo saambring is:

-Praktiese meganiese ondervinding
-Goeie probleemoplossings vermoë
-Bereidheid om nuwe vaardighede aan te leer
-Hardwerkende en positiewe ingesteldheid
-Bereidheid om te verhuis vir die regte werk

Romeo is op soek na ‘n langtermyn geleentheid waar hy kan groei, ervaring opdoen en ‘n waardevolle bydrae tot die boerdery kan maak.

Hy stel belang om op ‘n saaiplaas te werk en is bereid om te verhuis vir die regte geleentheid.