R15.00
Hannes het meer as 40 jaar boerdery-ondervinding en het al as plaasbestuurder gewerk waar hy verantwoordelik was vir kuddes van 700 tot 1000 kommersiële beeste, voerkrale, kuilvoer en algemene plaasbestuur.
Hy het uitgebreide ondervinding met beeste, skape, saaiwerk, besproeiing, trekkers, vragmotors, plaasmasjinerie, siektebeheer, lewendehawe-vervoer en meganiese werk. Hannes het ook in Amerika gewerk en beskik oor ‘n Kode 14 lisensie.
Hy stel belang om op ‘n bees- en skaapplaas, saaiplaas of besproeingsplaas in Noordwes te werk.
Description
Hannes is ‘n ervare plaasman met meer as 40 jaar praktiese ondervinding in verskeie vertakkings van boerdery. Hy het op ‘n plaas grootgeword en boerdery loop diep in die familie.
As plaasbestuurder was hy verantwoordelik vir die daaglikse bestuur van vee, voerprogramme, kuilvoerproduksie en algemene plaasbedrywighede. Hy beskik oor goeie bestuursvaardighede en verstaan wat nodig is om ‘n boerdery suksesvol te laat funksioneer.
Hy het ondervinding opgedoen ook in:
-Bees- en skaapboerdery
-Bestuur van 700 tot 1000 kommersiële beeste
-Saaiwerk en gewasproduksie
-Besproeiing
-Alfalfa-produksie
-Plaag- en siektebeheer
-Trekkers en plaasmasjinerie
-Meganiese herstelwerk
-Gebou- en terreinbestuur
-Perde-afrigting en stalbestuur
Hannes het ook internasionale ervaring opgedoen deur in Amerika te werk, waar hy betrokke was by verskeie boerderybedrywighede en plaasbestuurstake.
Hy beskik oor ‘n Kode 14 lisensie, het sober gewoontes en is bekend as ‘n lojale, hardwerkende en betroubare werker. Met sy jare se ervaring kan hy waarde toevoeg in feitlik enige afdeling van ‘n boerdery.
Hy stel belang om op ‘n bees- en skaapplaas, saaiplaas of besproeingsplaas in Noordwes te werk.








