Wynand: Ervare Stroper- en Saaiwerker

R15.00

Wynand is ’n ervare plaaswerker met praktiese ondervinding in saai- en stroopboerdery, sowel as algemene plaaswerk. Hy het in Suid-Afrika en Amerika gewerk waar hy onder andere stroper bestuur, trokke bestuur, lande voorberei, plant, spuit en kuilvoer gemaak het.

Hy het ook sterk meganiese kennis en kan self toerusting diens, smeer en herstel. Wynand is ’n hardwerkende man wat daarvan hou om op ’n plaas te werk en nog meer te leer.

Hy stel belang om te werk op ’n bees- en skaapplaas, saai­plaas of besproeiingsplaas, en is bereid om in enige provinsie in Suid-Afrika te werk.

Description

Wynand is ’n toegewyde plaaswerker wat grootgeword het op ’n plaas en reeds van jongs af betrokke is by boerdery. Hy het sy Senior Sertifikaat in 2017 voltooi en het daarna voltyds in landbou begin werk.

Hy het waardevolle ervaring opgedoen as n Stroperoperateur.
Sy werk het ingesluit:

  • Stroop van mielies en sojabone, rye en lusern
  • Diens en onderhoud van stropers
  • Basiese herstelwerk en smeer van toerusting

Hy het ook internasionale ondervinding opgedoen in die VSA,
Van sy verantwoordlikhede was:

  • Bestuur van vragmotors om mielies, sojabone en beet van lande na silo’s te vervoer
  • Landvoorbereiding met verskillende bewerkingstoerusting
  • Deelname aan silage- en haylage-oesprosesse

Hy het goeie meganiese aanleg en werk gereeld self aan masjinerie en voertuie wanneer dit nodig is. Wynand beskryf homself as ’n verantwoordelike persoon wat goed saam met mense werk, kalm onder druk bly en altyd bereid is om nuwe dinge te leer.

Hy het ’n groot liefde vir die plaaslewe en die natuur, en glo dat hy ’n waardevolle bydrae tot enige boerdery kan maak.

Wynand stel belang om te werk op ’n:

Bees- en skaapplaas

Saai­plaas

Besproeiingsplaas

En is bereid om in enige provinsie in Suid-Afrika te werk.