R15.00
Pieter het ondervinding in plaasonderhoud, groenteboerdery, byeboerdery en algemene plaaswerk. Hy is handig met trekkers, vurkhysers, sweiswerk en basiese meganiese herstelwerk. Hy is ‘n hardwerkende, betroubare man wat op ‘n plaas grootgeword het en nog altyd ‘n passie vir die boerdery gehad het. Hy is bereid om te verhuis vir die regte geleentheid.
Description
Pieter is ‘n ervare, hardwerkende plaaswerker wat van kleins af op ‘n plaas grootgeword het. Boerdery is vir hom meer as net werk, dis iets wat hy ken en geniet. Hy is lojaal, werkgedrewe en pak enige taak met oorgawe aan.
Hy het ondervinding met:
-Byeboerdery en die versorging van byekorwe.
-Groente plant, versorg en oes.
-Bou en herstel van heinings.
-Bestuur van trekkers, vurkhysers en ander swaar toerusting.
-Basiese sweiswerk en meganiese herstelwerk aan petrol-, diesel- en tweeslag enjins.
-Code EC bestuurslisensie met geldige PDP.
Pieter hou daarvan om met sy hande te werk en is nie bang vir nuwe uitdagings nie. Hy leer graag nuwe vaardighede aan en glo daarin om altyd sy beste vir die boer en die plaas te gee. Al is hy meer ervare, is hy steeds gretig om te leer en nuwe maniere van boer aan te pak.
Hy woon tans in die Wes-Kaap en stel belang om op ‘n bees- en skaapplaas, melkplaas, saaiplaas of varkplaas te werk. Hy is bereid om te verhuis vir die regte langtermyn geleentheid.








