R15.00
Reon is ’n jong, gesonde en hardwerkende ou wat regtig belangstel in boerdery en graag nog wil leer. Hy het reeds ’n 3-weke kursus by Hygro Training College gedoen en kan trekker, stroper en ander plaasmasjiene bestuur. Hy werk netjies, leer vinnig en werk maklik saam met ander. Hy soek werk in Gauteng op ’n bees- en skaapplaas, saaiplaas of besproeiingsplaas.
Description
Reon is ’n jong man met ’n groot belangstelling in die boerderybedryf en ’n sterk wil om ondervinding op te bou. Hy’s nog jonk en gesond, nie bang vir harde werk of lang ure nie, en is gereed om sy hande vuil te maak en te leer soos hy werk.
Hy het by Hygro Training College ’n intensiewe kursus gedoen waar hy die basics van boerdery geleer het. Dit sluit in trekkerbestuur, GPS en autosteer op John Deere masjinerie, stroperwerk, oesprosedures, besproeiingstelsels, dieregesondheid en biosekuriteit, asook die veilige hantering van landbouchemikalieë. Hy kan ook basiese herstel- en instandhoudingswerk doen en het ondervinding met basiese sweiswerk.
Reon werk netjies en het goeie gewoontes. Hy is ’n skoon, ordentlike ou met goeie maniere, wat maklik saam met ander mense werk en ook op sy eie kan aangaan as dit nodig is. Hy leer vinnig, verstaan maklik wat van hom verwag word, en doen dinge reg eerder as halfpad.
Hy hou van die buitelewe en geniet aktiwiteite soos jag, visvang en houtwerk, wat goed by die plaaslewe pas. Reon soek ’n geleentheid op ’n plaas waar hy kan groei, nog meer kan leer en vir die boer ’n regte aanwins kan wees.
Hy stel belang om in Gauteng te werk op ’n bees- en skaapplaas, saaiplaas of besproeiingsplaas, en is bereid om hard te werk en homself te bewys.








