R15.00
Erik is ’n bekwame plaasbestuurder met oor die 14 jaar se ondervinding in die Karoo. Hy’s handig met vee én gewasse, werk lekker saam met mense, en doen dinge reg van die begin af. ’n Regte ou wat sy sout werd is — hardwerkend en vol boerekennis.
Hy stel belang om op ’n bees- of skaapplaas, melkplaas, besproeiingsplaas, of jag-/wildsplaas te werk.
Is bereid om te verhuis na enige provinsie vir die regte geleentheid.
Description
Erik ’n regte plaasman wat weet wat werk is. Hy’t al meer as 14 jaar op die grond gestaan, en dit wys. Erik het van jongs af saam met sy pa en op plase gewerk, en vandag is hy ’n yster as dit kom by skaap, bokke, beeste, volstruise, en alles tussenin.
Hy’t al op groot plase soos SA de Jager Property, Schoonbee Farms, en Nel Broers Trust bestuur, en weet presies hoe om ’n plaas aan die loop te hou. Van besproeiing en plantwerk, tot bale sny, diere skandeer, en span aan die gang hou — Erik is nie skrik vir werk nie.
Wat hom anders maak? Hy’s nie net handig met sy hande nie, maar hy’t ook leierskap, ordentlikheid, en kan met mense werk. Hy leer vinnig, bly kalm onder druk, en vat verantwoordelikheid sonder om weg te skram. Hy’t ook klomp sertifikate agter sy naam soos sweiswerk, wol- en mohairklasifikasie, en meer.
Erik stel besonder belang om op ’n bees- of skaapplaas, melkplaas, besproeiingsplaas, of jag-/wildsplaas te werk. Hy is ook bereid om te verhuis na enige provinsie vir die regte geleentheid.








