Zuané: Jong vrou met ‘n regte boerehart.

R15.00

Opgeleide jong dame met ‘n passie vir plaaslewe. Gespesialiseer in bees, skaap, bok, wild en dieregesondheid. Sy sê self: “Ek is nie hier om ‘n boer se tyd te mors nie.” Hardwerkend, ernstig oor haar werk, en reg om haar plek op ‘n plaas voluit te vat.

Description

Zuané het van jongs af ‘n liefde vir die plaas en buitelewe. Sy het haar diploma in Landbou-wetenskappe verwerf, met spesialisering in Bees-, Skaap-, Bok- en Wildproduksie, sowel as Dieregesondheid.

Zuané het al praktiese ervaring opgedoen op verskeie plase, sy’t saam met veeartse gewerk, bloed getrek, kunsmatige inseminasie gedoen, en haar hand aan alles van voerkrale tot wildplase gewaag. Sy is nie bang om haar hande vuil te maak nie, en is altyd gereed om nuwe dinge aan te leer.

Sy sê self: “Ek is nie hier om ‘n boer se tyd te mors nie. Ek verstaan die frustrasie as ‘n werknemer nie ernstig is nie, en ek sal my alles gee om in enige geleentheid of situasie die beste te wees.” Sy werk goed in ‘n span, maar hou nie terug as sy self moet inspring en dinge gedoen kry nie.
Sy wil graag op ‘n Bees en Skaap Plaas of ‘n Jag/Wilds Plaas. Sy stel belang om in Limpopo maar sal verhuis vir die regte geleentheid.