R15.00
Algar is ’n hardwerkende jong man met sterk leierskap, goeie waardes en ’n regte passie om in die landbou in te groei. Hy het praktiese ervaring met groot John Deere-trekkers, implemente, basiese sweiswerk, GPS-tegnologie en plaas veiligheid. Hy leer vinnig, werk netjies en hou sy standaarde hoog.
Hy wil graag op ’n plaas in Noordwes of die Vrystaat werk, en is bereid om te verhuis en permanent op die plaas te bly.
Description
Algar is ’n gemotiveerde, ambisieuse jong man wat sy loopbaan in die landbou ernstig op die hart dra. Hy’s tans in Johannesburg, maar sy drome trek veld toe: hy wil op ’n plaas werk, leer, groei en uiteindelik sy plekkie in die boerdery wêreld vestig. Hy is bereid om te verhuis en voltyds op die plaas te bly, want, soos hy sê, nou is die tyd om sy drome te jaag.
Hy beskik oor ’n sterk stel vaardighede wat boere se lewens baie makliker maak. Uit sy praktiese ervaring het hy reeds gewerk met groot trekkers soos John Deere 8345R, John Deere 9560RT, en die Landini Super 110. Hy’s vaardig met implemente aankoppel en afhaal, ken sy storie met hidroulika, en kan moderne landboutoerusting soos GPS- en riglyntegnologie gemaklik gebruik.
Daarby het hy ’n ferm veiligheidsgemoed, doen deeglike voor-rit inspeksies, en verstaan die belang van netjiese, verantwoordelike werk op ’n plaas. Hy kan basiese boogsweiswerk doen en het vier AgriSETA-geakkrediteerde kursusse voltooi oor onder andere landbouveiligheid, infrastruktuurgebruik, implemente, tegnologie en die veilige hantering van landbouchemikalieë. Hy is ook SAIOSH-gesertifiseer vir trekkerbediening.
Wat sy persoonlikheid betref, bring Algar iets besonders saam: hy het sterk leierskapseienskappe, hou sy standaarde hoog, en werk met ’n positiewe ingesteldheid. Sy Christelike waardes en goeie moraliteit vorm die fondament van wie hy is. Hy werk goed met mense, kommunikeer duidelik, en verstaan hoe belangrik dit is om kliëntgerig, professioneel en doelgerig te werk.
Hy is leerbaar, aanpasbaar, betroubaar en nooit bang om die ekstra myl te stap nie. Algar sal ’n sterk aanwins wees vir enige plaas wat iemand soek wat kan groei.
Hy stel belang om in Noordwes of Vrystaat werk te kry, op enige tipe plaas waar hy praktiese ervaring kan opbou en sy pad in boerdery kan begin.








