Hendrik: Noord-Wes Boer In Murg en Been

R15.00

Hendrik: Noord-Wes Boer In Murg en Been.

Hendrik skryf self:
Ek het 29 jaar se boerdery ondervinding.Ek is lief vir diere en hou daarvan om met hulle te werk.
Ek is netjies , stiptelik en ek is ‘n harde werker, wat goed met ander mense klaarkom.

Ek doen ook hoë kwaliteit wildsvleisverwerking.

Category: Tag:

Description

Hendrik is ‘n boer in murg en been. Hy het nie net ondervinding in die boerdery nie maar hy is ook ‘n entrepreneur met goeie sake ondervinding.

Hendrik is ook die regte plaasbestuurder vir die regte boer in die Noord-Wes.

Hieronder is wat hy alles vir jou kan beteken – lees self:

Interpersoonlike vaardighede

• Vermoë om in ‘n span te lei en goed te werk,
• Hou ‘n oog vir detail,
• Ek weet instinktief hoe om kliënte en werkgewers tevrede te stel,
• Kreatiewe, kritiese denker.

Beplan en organiseer vaardighede

• Ek kan my eie werklading en die van spanlede prioritiseer ten einde sperdatums na te kom,
• Akkuraatheid en my aandag aan besonderhede is buitengewoon,
• Ek is in staat om ‘n groot of klein projek te bestuur.