R15.00
Hierdie vrou se hande staan vir niks verkeerd nie. Salome wil nie net boer nie – sy weet ook hoe en sy het die papier [ Agricultural Diploma – Glen Agricultural College] om dit te bewys.
Salome het 30 jaar se ondervinding en vir die laaste twee daarvan het sy in Amerika op groot plase geboer. As jy haar CV sien sal jy dadelik haar kennis en ondervinding vir jou boerdery wil hê – dis verseker.
Boere is Suid-Afrika: Hier is die regterhand wat jy noual lankal vir jou boerdery gesoek het. Praat self met Salome. Kry haar CV vandag HIER en kyk wat sy vir jou kan doen.
Description
Salome skryf self:
Ek het 30 jaar boerdery ondervinding waarvan die laaste twee jaar in Amerika was.
Ek is ‘n hardwerkende, pligsgetrou, lojaal, eerlike en hardwerkende persoon.
Ek werk tot my werk klaar is en is deeglik bewus dat boerdery lang ure verg en nie ‘n kantoor ure werk is nie.
Ek wil graag die ekstra myl loop en nuwe uitdagings en nuwe vaardighede aan leer.








