R15.00
Kyle, 20 jaar oud, is passievol oor boerdery en wil soveel moontlik leer om eendag sy eie plaas te begin. Hy is tans besig met ‘n Nasionale Diploma in Plantproduksie by AgriSkills Transfer, wat hy in 2026 voltooi. Sy doel is om praktiese ervaring op te doen en homself in die landboubedryf te ontwikkel. Kyle is hardwerkend, leer gretig en soek ‘n geleentheid om op ‘n plaas te werk. Hy stel belang in bees- en skaapplase of saai-plase in die Vrystaat.
Description
Kyle is 20 jaar oud en het ‘n sterk begeerte om te leer, sodat hy eendag sy eie plaas kan begin.
Hy sê: “Ek is gretig om meer te leer en het ‘n duidelike visie om eendag verantwooderlikheid oor ‘n plaas te neem. Met ‘n sterk begeerte om myself in die bedryf te ontwikkel, soek ek aktief kennis en ervaring om my drome te bewaarheid.”
Kyle is tans ingeskryf by AgriSkills Transfer vir ‘n Nasionale Diploma in Plantproduksie, wat hy in 2026 voltooi. Intussen wil hy praktiese ervaring opdoen en sy passie vir boerdery uitleef.
Boere, kom ons gee Kyle ‘n geleentheid! Hy wil graag in die Vrystaat werk op ‘n bees- en skaapplaas of ‘n saai-plaas.








