R15.00
Donovan het 9 jaar se ondervinding op plase, insluitend werk op ’n wild- en jagplaas. Hy het as plaasbestuurder opgetree en het ondervinding in trekkerwerk, heinings herstel, kalwers onthoring, vee brandmerk, beeste versorg, skape oppas en siektebeheer.
Hy sê: “Ek is reg vir ’n nuwe avontuur!”
Donovan is bereid om te verhuis en sal ‘n groot aanwins wees vir enige plaas.
Description
Donovan het 9 jaar se ondervinding in plaaswerk.
Hy het ook op ‘n wild- en jagplaas gewerk, en was selfs ‘n plaasbestuurder.
Van sy verantwoordelikhede op die plase sluit in:
-Bestuur en bediening van plaastrekkers.
-Herstel en onderhoud van heinings, plaasmasjinerie en geboue.
-Onthoring van kalwers en brandmerk van vee.
-Bedryf van vurkhyser.
-Versorging van beeste op ‘n hoë-digtheid voedingstelsel.
-Omsien na ‘n trop Dorperskape.
-Gereelde behandeling van beeste en wild teen hartwatersiekte.
-En nog vele meer.
Donovan is reg vir enige plaas!
Hy sê self: “Ek is reg vir ’n nuwe avontuur!”
Hy sal ’n waardevolle bate wees vir enige plaas.
Donovan stel belang om in Noordwes te werk, maar is bereid om te verhuis vir ’n goeie geleentheid.








