R15.00
Amoné het 4 jaar ondervinding op ʼn bees- en skaapplaas.
Sy’s ʼn netjiese en liefdevolle werker wat hou van leer en hard werk.
Het ervaring met biosekuriteit, voorraadbestuur, dieregesondheid en dierewelsyn.
Sy bly in Limpopo, maar sal trek vir die regte werk.
Soek werk op ʼn bees-, skaap- of wildplaas.
Description
Amoné het vier jaar se ondervinding op ʼn bees- en skaapplaas, en sy is reg om nog meer te leer! In haar eie woorde:
“Ek hou daarvan om nuwe dinge te leer, want as jy boer, weet jy nooit alles nie.”
Sy het al verskeie verantwoordelikhede hanteer, onder andere:
-Biosekuriteitsmaatreëls ingestel om siektes onder vee te voorkom.
-Voer en voorraad bestuur, wat tot ʼn jaarlikse besparing van 20% gelei het!
-Akkurate rekords van dieregesondheid gehou.
-ʼn Opleidingskursus aangebied oor die beste praktyke vir dierewelsyn.
Amoné is ʼn netjiese, georganiseerde persoon met ʼn groot liefde vir diere en die plaaslewe het.
Sy soek werk op ʼn bees- en skaapplaas, of op ʼn jag-/wildplaas.
Sy bly tans in Limpopo, maar is bereid om te verhuis vir die regte geleentheid.








