R15.00
Sebastiaan is ’n ervare plaasbestuurder met ’n goeie oog vir detail. Hy het ondervinding in knoffelverbouing, vee bestuur, plaasinfrastruktuur, masjinerie en personeeltoesig.
Hy is op soek na werk op ’n besproeiings-, saai- of bees- en skaapplaas, en is bereid om na enige provinsie te verhuis.
Description
Sebastiaan is tans ’n plaasbestuurder op ’n knoffelverbouingsplaas, waar die knoffel met die hand geplant word om ’n vrugbare oes te verseker. Hy het ’n skerp oog vir detail en stel hoë standaarde in sy werk.
Sy verantwoordelikhede sluit in:
-Instandhouding van die plaasinfrastruktuur.
-Bestuur van vee, insluitend skape en hoenders.
-Toesig dat werkers hulle take behoorlik uitvoer.
-Instandhouding van plaasvoertuie en landboumasjinerie.
Sebastiaan stel belang om op ’n besproeiingsplaas, saailandplaas of ’n bees- en skaapplaas te werk.
Hy is bereid om na enige provinsie in Suid-Afrika te verhuis vir die regte geleentheid.








