Matthew – Jong boer met sterk waardes en groot drome

R15.00

Matthew is ’n toegewyde jong man met sterk waardes en ’n groot liefde vir boerdery. Hy voltooi binnekort sy Diploma in Boerderybestuur en is Januarie 2026 beskikbaar – eerlik, hardwerkend en gereed om sy hande vuil te maak vir sy droom.

Description

Matthew is ’n toegewyde jong man wat besig is om sy Diploma in Boerderybestuur en Meganisasie by Bo-Karoo Opleiding klaar te maak. Hy het al sy N4 en N5 voltooi en maak sy N6 klaar teen die einde van 2025. Hy is vanaf Januarie 2026 beskikbaar vir sy praktiese jaar of vir werk op ’n plaas.

Hy is eerlik, respekvol en hou daarvan om hard te werk. Matthew glo daarin om sy werk deeglik te doen en take klaar te maak. Hy werk goed saam met mense van alle vlakke en het ’n natuurlike leierskapstyl – iemand wat ander kan aanmoedig en motiveer.

Hy het kursusse gedoen in wolklas, dierhantering, Boran-beeste en elektriese heinings en skale, en het so ’n goeie basis opgebou vir praktiese plaaswerk. Hy is lief vir die landbousektor en sy droom is om eendag self te boer.

Matthew is ’n eerlike, hardwerkende jong man met sterk waardes en ’n groot liefde vir boerdery. Hy is reg om sy hande te gebruik en sy drome in die landbou uit te leef.