R15.00
Lee-Ann (18) is ’n sterk jong vrou wat in 2024 aan ’n landbouskool gematrikuleer het. Sy het ondervinding met vee-gesondheid, vervoer van vee, kraggereedskap en selfs melkprodukte maak. Sy bly tans in Noordwes, maar is bereid om te trek en wil graag op ’n bees- en skaapplaas werk. Sy sê self: “Ek het murg in my bene en is bang vir niks nie!”
Description
Lee-Ann het in 2024 gematrikuleer by ’n landbouskool, maar sy het al klaar ondervinding opgedoen in die volgende:
Dopgehou en ontleding van vee se gewig en gesondheid.
Vervoer van vee.
Werken met kraggereedskap soos lasmasjiene, slypmasjiene, ens.
Sy kan ook melkprodukte maak!
Sy het ’n passie vir plaaswerk en wil graag op ’n bees- én skaapplaas werk.
Tans bly sy in Noordwes, maar sy is bereid om na enige provinsie te trek vir werk – waar daar ’n plaas is wat werk bied, sal sy wees!
Maar moenie dink sy’s net ’n mooi gesiggie nie – haar hande staan vir niks stil nie!
Sy sê self: “Ek mag dalk klein en fyn voorkom, maar ek het murg in my bene en is bang vir niks nie!”
Kry vandag nog hierdie jong, sterk vrou se CV – sy sal ’n aanwins wees vir enige plaas!








