R15.00
Johan het sowat 12–15 jaar se sterk boerdery-ondervinding met Bonsmara-, Charolais– en Sussex-beeste, Merinoskape, asook gewasse soos mielies, sonneblom, soja, lusern en tef. Hy is baie sterk met trekkerwerk, stroop, plant, spilpunte en besproeiing, en het goeie ondervinding in sweis en algemene instandhouding.
Hy is ’n natuurlike leier wat daarvan hou om saam met ’n span sukses te bou. Johan is bereid om in enige provinsie te werk op ’n bees- en skaapplaas, saaiplaas, besproeiingsplaas of jag-/wildsplaas.
Description
Johan is ’n ervare plaasman en wildbestuurder met meer as ’n dekade se praktiese ondervinding in kommersiële boerdery. Hy het gewerk met verskeie beesrasse soos Bonsmara, Charolais en Sussex, asook Merinoskape, en verstaan die volle siklus van teling, voeding, gesondheidsbestuur, inentings en lae-stres hantering.
Aan die gewas-kant het hy ondervinding met:
Mielies, sonneblom en soja bone
Lusern en Tef
Plant, bemesting, spuit, kultiveer en stroop
Bale maak en voerbestuur
Johan is baie vaardig met:
Trekkers, stropers, planters, spuite en graankarre
Spilpunte, boorgate en besproeiingstelsels
GPS en presisieboerdery
Daaglikse instandhouding van toerusting
Sweiswerk en metaalherstel
As plaasbestuurder, sy verantwoordelikhede was:
Werkers bestuur, oplei en motiveer het
Daaglikse take beplan en toesig gehou het
Veiligheidsprotokolle toegepas het
Akkurate rekords van kuddes en produksie gehou het
Hy het ook sterk ondervinding in wildbestuur, insluitend wildtelling, veilige hantering en verskuiwing van wild, siektebeheer en bewaring.
Wat Johan onderskei, is sy ingesteldheid. Hy glo sy passie lê in die plaaslewe en om saam met ’n span sukses te bou uit wat daar is, en dit nóg beter te maak. Hy werk hard, leer vinnig en staan vas op eerlikheid en lojaliteit. Vir hom is dit ’n voorreg om in God se natuur te werk en verantwoordelikheid te dra vir dit wat aan Hom behoort.
Hy is bereid om in enige provinsie te werk op ’n:
Bees- en skaapplaas
Saaiplaas
Besproeiingsplaas
Jag-/wildsplaas








