Gabriel: Passievol vir die Landboubedryf!

R15.00

Gabriel is ‘n toegewyde werker met ‘n passie vir landbou, veral met diere. Hy het ervaring in gemengde boerdery en meganiese vaardighede, insluitend trekkers. Sy pligverrigtinge sluit in elektriese heinings, gewasspuiting, algemene onderhoud, en rekordhouding van oes. Hy is ook bedrewe in dragtigheids identifikasie van vee. Gabriel soek werk op ‘n Saai Plaas, Bees en Skaap Plaas, of ‘n Groente Plaas in die Noord-Kaap.

Kry Gabriel se CV hier!

Description

Gabriel is ʼn hard werkende individu, wat ʼn passie het vir die landboubedryf.
Hy skryf: “Om in die landboubedryf te werk is my passie, veral om te werk
met diere.”

Gabriel het ondervinding in gemengde boerdery.
As ook meganiese opleiding en kan op trekkers werk.

Van sy verantwoordelikhede op plase was:

– Elektriese heining fase 1,2
-Spuit van gewasse Jacto Sprayer 3030.
-Meganiese pligte.
-Die handhawing van rekords van oes wat na silo’s vervoer word.
-Dragtigheid identifikasie van koeie en skape.

Hy stel belang in die volgnde plase:

-Saai Plaas
-Bees en Skaap Plaas
-Groente Plaas

Gabriel wil graag in die Noord-Kaap werk.

Kry Gabriel se CV hier!