Drayco: is Honger om te leer!

R15.00

Drayco is ’n doelgedrewe en hardwerkende jong man met ’n passie vir die buitelewe en ’n honger om te leer. Hy is sober, gesond, vinnig om aan te pas, en floreer onder druk. Drayco het praktiese ervaring met kalwers onthoring en het al gewerk by ’n praktiese plaasprojek en kliëntediens-werk opgedoen. Hy’s gretig om meer te leer oor plaasbestuur en alle aspekte van plaaswerk. Sy voorkeur is om in Mpumalanga op elke soort plaas te werk en hy’s bereid om hard te staan vir die regte kans.

Description

Drayco is ’n hardwerkende jong man met ’n groot liefde vir die buitelewe. Hy hou van visvang en kamp, en voel tuis waar daar grond onder sy voete is.
Hy bring ’n passie vir die buitelewe saam met ‘n sterk werksmoraal, goeie gesondheid en sober gewoontes.

Hy het praktiese ondervinding – op ’n Praktiese Plaasprojek, waar hy betrokke was die praktyk van kalwers onthoring en basiese dierbeheer. Dit het hom blootgestel aan regte plaaswerk en dierehantering, en sy belangstelling in boerdery net verder aangewakker.

Benewens plaaswerk het Drayco ook by ’n boek winkel gewerk, waar hy kliënte gehelp het en nuwe voorraad uitgepak het. Hierdie werk het hom geleer om betroubaar te wees, instruksies te volg en sy werk ordentlik en klaar te doen.

Drayco beskryf homself as iemand wat vinnig leer, goed onder druk werk en altyd probeer om ’n positiewe bydrae te maak. Hy’s gretig om meer te leer oor plaaswerk en plaasbestuur, en sal met tyd en leiding net al hoe beter raak.

Hy stel belang om in Mpumalanga te werk op enige soort plaas.