Daryll: Betroubare Saai- en Wingerdwerker

R15.00

Daryll is ’n betroubare, eerlike en hardwerkende ou met 2 jaar se ondervinding in wingerde en ’n diploma in boerderybestuur. Hy het ondervinding met besproeiing, wingerdmonitering, kelderwerk en oeswerk, en het al as groepleier en kwaliteitsbeheer opgetree. Hy hou van plaaswerk en wil nog leer.

Hy soek werk in die Wes-Kaap, verkieslik op ’n saai­plaas, maar is oop vir enige ander plaas.

Description

Daryll is ’n jong, volhardende en eerlike werker wat regtig hou van die plaaslewe en graag sy kennis nog verder wil uitbrei. Hy het twee jaar se praktiese ondervinding in wingerde en het boerderybestuur (N4–N6) voltooi, met ’n goeie begrip van hoe dinge op ’n plaas moet loop.

Sy ondervinding sluit in basiese besproeiing, onderhoud aan pype en spuite, asook herstelwerk in wingerdblokke soos drade regmaak en pale vervang. Hy was ook verantwoordelik vir die monitor van wingerde, waar hy siektes en probleme moes raak sien en betyds rapporteer. Daryll het ook kelderondervinding, insluitend die skoonmaak van tenks en vate.

Hy het al drie oesseisoene gedoen en was betrokke as algemene werker, kwaliteitbeheerder en groepleier. Daarby het hy basiese produksie-ondervinding in appels en het ook met vee gewerk, insluitend weeg, verskuiwing en dip.

Daryll werk netjies, het goeie gewoontes en rook nie. Hy werk maklik saam met ander, maar kan ook op sy eie aangaan. Hy hou van dinge reg doen en vat verantwoordelikheid ernstig op. Hy soek ’n plaas waar hy kan vastrapplek kry, verder kan leer en vir die boer ’n betroubare aanwins kan wees.

Hy bly tans in die Overberg (Grabouw) en soek werk in die Wes-Kaap, verkieslik naby die area. Indien nodig, is hy ook oop vir verblyf op die plaas.