R15.00
Thomas het nie net boerdery ondervinding met beeste, skape en bokke nie – maar hy het ook groen vingers wat enige boer nodig het.
Thomas is ook¨
# ‘n Gekwalifiseerde motor werktuigkundige
# Het goeie ondervinding met algemene onderhoudswerk van geboue
# Ken onderhoudswerk van plaas impemente, die instellering van besproeing en span van heinings.
# Praat duits as n derde taal – toepaslik in die toerisme bedryf.
# Diens en herstel rekenaars
# Kan waarde toevoeg op alle vlakke van ‘n boerdery.
Kyk Thomas se CV vir meer.
NS: (Red – Ons dink Thomas kan jou ook op die plaas help met bemarking – maar vra hom liewer self hoe hy daaroor voel)
Description
Thomas: ‘n Man met BAIE Talent
Hier is Thomas se storie – laat hy self vertel:
Ek is 58 jaar oud, en is enkellopend.
Ek is n gekwalifiseerde motor werktuigkundige, wie se belangstelling geskuif het om met die grond en diere te werk.
Ek het reeds ondervinding van beeste,skape en bokke terwyl my groen vingers dit vir my maklik maak om kleiner aanplantings suksesvol te hanteer.
Ek doen ook algemene onderhoudswerk van geboue en impemente en die instellering van besproeing en heinings.
In my vrye tyd diens en herstel ek rekenaars.
In kort: ek is n Man Vrydag wat letterlik op alle vlakke waarde sal toevoeg op enige plaas, indien ek die kans gegun word.
Ek praat ook Duits as n derde taal,waar dit van toepassing kan wees in n toeriste gedrewe plaasopset.
Ek woon tans in die Wes-Kaap,maar sal enige plek in die land werk.
Ek kan persoonlike onderhoude bywoon tot en met 200 km vanaf my huidige woonplek,of anders virtueel,via zoom.








