R15.00
Luan is ’n jong, energieke plaaswerker met internasionale ervaring. Van saadproduksie en veeversorging tot groot John Deere spuite en stropers – hy het dit alles gedoen. ’n Hardwerkende man wat graag sy kennis terug in SA se landbou wil invloei.
Description
Luan is ’n hardwerkende jong man met ’n passie vir landbou. Hy het al oor 4 jaar plaaservaring in Suid-Afrika en 3 jaar in die VSA, waar hy betrokke was by alles van saadproduksie en veeversorging tot groot masjinerie en oes op 10 000 ha per jaar.
Hy het sterk meganiese vaardighede – kan masjiene diens, herstelwerk doen en selfs hidrouliese pype pers. Met meer as 2500 ure op John Deere R4038 spuite, sowat 1000 ure op stropers (S680, S770, S780, X9) en ervaring met groot planters en trekkers, is Luan heel tuis agter die stuur van moderne landboumasjinerie.
Benewens sy tegniese vaardighede, het hy ’n liefde vir vee – hy kan dosseer, ent, tag en skaap werk hanteer, asook bees werk. Hy beskryf homself as iemand wat vinnig leer, netjies en deeglik werk, en altyd sy beste gee.
Luan se doel is om terug te keer na Suid-Afrika en sy internasionale ervaring hier in te ploeg. Hy glo sy kombinasie van hande-aan praktykervaring, meganiese kennis en passie vir boerdery maak hom ’n uitstekende aanwins vir enige plaas! Hy sal graag in die Wes-Kaap wil werk.








