Johan– Ervare man met ’n hart vir die plaas en sy mense

R15.00

Johan is ’n standvastige en betroubare man met jare se ervaring in sekuriteit, meganika en plaaswerk. ’n Handige probleemoplosser wat glo in eerlike werk – en wat graag sy kundigheid saam met die boere van Suid-Afrika wil deel.

Description

Johan is handig met enige masjien of werktuig, kan voertuie en implemente herstel, en het . Hy glo aan eerlike werk, spanwerk en dat elke dag se werk met trots en geloof aangepak moet word.

Hy is ’n standvastige en gedetermineerde man met ’n ryk geskiedenis van diens en harde werk. Hy het begin in die Suid-Afrikaanse Weermag, daarna in die Polisie gewerk as Sersant in misdaadvoorkoming en beveiliging, en later sy eie sekuriteit-besigheid – Volklander Sekuriteit, gestig en opgebou in die Vrystaat.

Sy pad het hom ook deur konstruksie, voertuig onderhoud en algemene plaaswerk geneem – en vandag gebruik hy sy kennis en vaardigheid om boere by te staan met sekuriteit, onderhoud en praktiese plaaswerk.

Hy beskryf homself as iemand wat graag met sy hande werk, oplossings soek en sy deel wil doen vir die gemeenskap. Johan se ervaring, betroubaarheid en kalm geaardheid maak hom ’n ware aanwins vir enige plaas of boerdery.