Francois – Tegnies Sterk Plaasvoorman

R15.00

Francois is ’n ervare en hardwerkende plaasman wat tans al vir die vyfde jaar in Amerika werk. Hy kan met byna enige masjien werk – van stroop, plant en tapkar ry tot skietsteer, TLB’s en ekskavators.

Hy het breë ondervinding met beeste, skape, bye, groente, piesangs, avokado’s en neute, asook sterk tegniese vaardighede in sweiswerk, dieselmeganika en herstelwerk.

Francois soek werk in Limpopo op ’n bees- en skaapplaas, saai­plaas, varkplaas, besproeiingsplaas, jag-/wildsplaas of groenteplaas.

Description

Francois is ’n man wat boerdery leef en asemhaal. Hy werk tans al vyf jaar in Amerika, wat op sigself baie sê oor sy lojaliteit en werksetiek.

Hy het uitgebreide ondervinding in:

Saai- en Landbouwerk

Stroop en plant

Tapkar bestuur

Trekkerwerk met verskeie implemente

Landvoorbereiding en bemesting

Teff en lusern plant en sny

Bale maak

Hy het gewerk met verskeie trekkers en groot toerusting soos Massey Ferguson, Fiat, Landini.

 

Asook swaar masjinerie soos:

Ekskavators (Hyundai 210)

TLB’s (Caterpillar)

Skietsteer

Bulldozer (D9 Caterpillar)

Vurkhyser (2.5 ton)

Groot vragmotors

 

Diere-ondervinding:

Beeste en skape (dosering, versorging, kastrasie, skeer)

Visboerdery (opset van damme, pype en filters)

Bye

 

Gewasse en Besproeiing:

Besproeiingstelsels ontwerp, installeer en onderhou

Werk met drupstelsels, pompe, tenks en boorgate

Banane, avokado’s, makadamia neute en koejawels – van plant tot oes en verpakking

Groenteproduksie en markvoorbereiding

Tegniese en Werkswinkelvaardighede

Arc- en CO₂ (MIG) sweiswerk

LPG en asetileen sny en sweis

Dieselmeganika op vragmotors, TLB’s, ekskavators en hidrouliese masjinerie

Elektriese werk op geboue en masjiene

Daaglikse inspeksies en veiligheidsbestuur van toerusting

Onderdele bestel en instandhouding bestuur

Hy het ook as Klein Plaasbestuurder en Assistent Plaasbestuurder gewerk, waar hy verantwoordelik was vir werkers, besproeiing, produksie en logistiek.

Francois glo vas:

As jy vir iemand boer soos jy vir jouself sou boer, dan pluk jy vrugte.

Hy werk hard, los probleme self op, bestuur konflik goed en sal altyd uit sy pad gaan om ’n taak klaar en reg te kry.

Hy wil graag in Limpopo werk op ’n:

Bees- en skaapplaas

Saai­plaas

Varkplaas

Besproeiingsplaas

Jag-/wildsplaas

Groenteplaas

 

Hy het die ondervinding, die masjienkennis en die tegniese vaardighede om ’n groot aanwins vir enige boerdery te wees.