Andries: Is nie bang vir ’n uitdaging nie!

R15.00

Andries het 5 jaar se plaaservaring in die VSA en 7 jaar se meganiese kennis met dieselmasjiene. Hy het ’n passie vir saai en besproeiing en is nie bang vir werk of uitdagings nie. Hy soek werk op ’n saai- of besproeiingsplaas in Gauteng.

Description

Andries het ’n passie vir plaaslewe – veral vir saaiboerdery en besproeiing!
Hy het 5 jaar se ervaring in die VSA opgedoen waar hy praktiese kennis ingesamel het.

Sy hande staan vir niks stil nie, en hy’s nie bang vir ’n uitdaging nie!

Andries het ook 7 jaar se meganiese ondervinding, veral met dieselmasjiene, en weet hoe om goed reg te maak wanneer dinge breek.

Hy wil graag in Gauteng werk op ’n saai- of besproeiingsplaas.