Jy sal meeste van die inliging hieronder ook sien op die Vraag & Antwoord bladsy.
In kort help hierdie webblad boere om vertroulik in kontak te kom met jong mense [en soms nie sulke jong mense] wat in Suid-Afrika plaaswerk soek.
Lees Hier Hoe Ding Werk Op Plaaswerk.co.za
Hier op plaaswerk.co.za probeer ons boere help wat plaaswerkers soek en ons probeer goeie, betroubare en hardwerkende mense identifiseer wat op plase wil en kan werk.
Vir nuwelinge, wees verseker, plaaswerk is NIE vir “softies” en “cry-babies” nie. MAAR as jy kan hard werk en as jy kan vasvat dan is plaaswerk, op die regte plaas, baie lekker.
Ons is self boere, en ons het hierdie webblad begin omdat ons presies weet hoe moeilik dit vir ‘n boer is om die regte person(e) te kies om hom en sy gesin op die plaas te kom help.
Om op ‘n plaas te werk saam met ‘n boer, sy vrou, en dalk sy groot kinders is ‘n persoonlike ding – baie meer as wat meeste mense ooit kan besef.
Waar pas plaaswerk.co.za in?
Daar is baie plekke op sosiale media netwerke waar boere al werkers gesoek het of waar werkers plase waarop hulle kan werk gesoek het. Dis goed so, maar meeste inligting op sosiale netwerke is “te veel” in die openbaar – nie almal hou daarvan nie – ons ook nie.
Hier by PLAASWERK.CO.ZA probeer ons so ver moonlik die inligting van die boer wat werkers soek – sowel as die meer persoonlike en kontak inligting van aansoekers – vertroulik hou.
Ons vra alle aansoekers wat hier op plaaswerk.co.za gelys wil wees ‘n klein advertensie & administrasie fooi om hulle name en CV’s vir tot 3-maande op hierdie platvorm te adverteer.
Jy kan hier by hierdie skakel lys
Die prosess om ‘n persoon (aansoeker) op hierdie blad te lys word met die hand gedoen omdat elke aansoek eers vooraf ge-evalueer word – voordat dit finaal geplaas word.
Boere kan op hierdie platvorm soveel CV’s van aansoekers “koop” as wat hulle nodig het. Hulle (boere) is inligting en besonderhede bly privaat en hulle kan dan self, op hulle eie tyd, kontak maak met die aansoekers wie se CV’s hulle gekoop het.
Ons gee VIR BOERE ‘n “ingeboude waarborg” wanneer hulle CV’s koop. Ons wil hê hulle moet op die einde mense aanstel – nie CV’s koop nie. Ons “ingeboude waarborg” help daarmee. As jy CV’s koop sal jy meer besonderhede daaroor sien.
GAAN NA HIERDIE SKAKEL OM TE KYK WIE SE CV’S IS TE KOOP
AANSOEKERS: LEES HIER!
Jy kry ‘n kans om jou beste CV hier te lys (om gekoop te word) deur sakemanne (meestal boere) en as jou CV pas by wat die boer/mspy soek dan kan hy/hulle jou dalk nooi vir ‘n onderhoud.
Dit is vir HIERDIE rede dat jy die vorm(s) op hierdie blad behoorlike en volledig moet voltooi.
GAAN NA HIERDIE SKAKEL OM DIE VORM TE VOLTOOI
Dink bietjie daaroor – as jy nie eens ‘n eenvoudige vorm behoorlik kan voltooi nie – hoe gaan jy jou werk behoorlik kan doen as ‘n boer of mspy jou aanstel?
EN NEE – al sit jy vandag heeldag op ‘n trekker – of al is jy heeldag in die veld met die skape – vanaand is daar ook papierwerk wat gedoen moet word – goeie boere hou boek – jy sal die boer moet help.
Jy kan ons maar glo as ons sê: ‘n boer gaan nie belangstel om ‘n “halwe” CV te koop nie. Boere wat CV’s koop is erenstig op soek na goeie mense om vir hulle te werk – hulle kom nie na PLAASWERK.CO.ZA toe om net ‘n bietjie te “browse” nie – hulle kom hierheen vir hulp – meestal dringend!
Laastens en dis BAIE BELANGRIK: Plaaswerk.co.za is NIE ‘n werwings agentskap NIE en verdien nie kommissies uit plasings nie. Ons KAN NIE waarborg dat jy ‘n werk sal kry nie – maar ons kan jou wel sê – daar is BAIE werk op Suid-Afrikaanse plase – vir die wat wil en kan werk.
Een van die groot redes hoekom ons ‘n fooi vir boere EN vir aansoekers vra is om die sogenamde “tyre kickers” onmiddelik uit te skakel en ons energie en tyd eerder te spandeer om mense en boere wat erenstig is oor hulle toekoms, en hulle besighede, hier te help.
Ons Voorstel Aan Boere:
Elke boer se besigheid het sy eie uitdagings – en daarom is daar nie EEN STEL reels wat by almal pas nie. Jy moet self besluit wat werk vir jou.
Net tussen hakkies: Hier is wat ons doen op die besproeingsplaas wanneer ons nuwe en/of deeltydse arbeid soek.
Ons het ‘n klein karavaan kamp-terein op die plaas met al die basiese geriewe. Dis altyd lekker as deeltydse werk-aansoekers hulle eie karavane het. Dit sorteer sommer dadelik die blyplek probleem uit.
Ons het gewoonlik ‘n nuwe persoon vir net 3-dae op proef aangestel.
As hy na 3-dae lyk of hy dit gaan maak dan verleng ons daai proef aanstelling na 3-weke of hy loop dadelik met 3-dae se geld.
Na die 3-weke, as alles mooi uitgewerk het, onderhandel ons ‘n 3-maande kontrak.
Hierdie stelsel het meeste van die gevalle vir ons alby gewerk.
Dit is maar net so: soms wil mense nie ‘n loopbaan op ‘n plaas bou nie – hulle soek maar net vir ‘n rukkie plaaswerk – en meeste van hulle kan nogal werk onder die regte leiding – en na 3 of 6 maande beweeg hulle aan.
Maar heelwat sal volgende seisoen weer terugkom – jy sal sien.
