Wat is ‘n Boer? – Deel 1

Die oudste beroep in die wêreld, sover ons weet, is dié van ’n boer. Die Egiptenare het sowat 12 duisend jaar gelede vir die eerste keer hulle hand aan boerdery gewaag.

Selfs in daardie tyd was dit moelik om te boer. Ons lees in die Bybel hoe moelik dit soms was om vir die nasies genoeg kos te produseer en dus hoe moeilik dit was om te boer.

Vandag, duisende jare later, is dit steeds moeilik, maar min mense besef dit en min weet regtig wat boere alles moet doen om onder die vandel van “boer” te oorleef en ’n bestaan te maak.

Dié arikel is een van vyf artikels wat jou ‘n bietjie meer gaan leer oor boerdery in Suid-Afrika.

Vandag in Deel 1 vra ons die vraag: Wat is ’n boer en wat doen ’n boer nou eintlik?

Maar miskien moet ons eerder vra: Waar kom die kos wat ons in die winkels koop vandaan?

In kort: ’n Boer is iemand wat onder die vandel van die landbou werk en ’n verskeidenheid voedselprodukte groei of produseer vir menslike en diereverbruik.

Party boer produseer dus kos vir mense en ander produseer kos vir diere – of dalk produseer hulle kos vir albei.

Kos vir mense kan enige iets wees soos melk, vrugte, groene of dit kan iets wees soos koring wat later gemaal word en waarmee brood gebak word – dieselfde brood wat jy by die kafee koop.

Kos vir diere wat boere produseer, kan iets wees soos geelmielies of lusern wat gemaal word vir beeste en skape, en hierdie diere word later geslag en die vleis word deur ons gekoop in slaghuise. Of ons gaan eet ’n lekker T-Bone steak in ’n restaurant.

Daar is dus boere wat diere grootmaak en as hulle groot is word hulle verkoop vir wins en daar is boere wat grane en ander gewasse plant, hetsy dit vir later vir mense of diere gebruik word.

Die woord “boer” (of landbouer) verwys na ’n persoon wat ’n groot stuk grond besit en hy/sy benut hierdie grond deur byvoorbeeld landerye te maak en op hierdie lande word gewasse soos mielies en koring geproduseer.

Daar kan nie op alle plase gesaai word nie – op sulke plase word daar eerder slagdier of iets soos volstruise op die veld aangehou en grootgemaak – die diere of hulle velle of vere word dan later verkoop vir die mark.

Wat die meeste mense dalk nie besef nie is dat, of dit nou ’n skaap of ’n bees is waarmee geboer word, in 99% van alle gevalle word sulke diere een of ander tyd in hulle lewe gevoer met aangeplante weidings. Boere is daarom baie afhanklik van mekaar, want nie almal kan saai of weidings plant nie. As daar dus in ’n spesifieke jaar te min kos geproduseer word as gevolg van ‘n droogte, byvoorbeeld, dan kry almal swaar, boere, diere én verbruikers.

Dit is daarom jammer dat die meeste onkundige mense dink plaasdiere loop eenvoudig net in die veld en wei lekker op hulle eie, word self groot – dit kos mos niks – en dan eendag word die vee geslag en die vleis word vir groot winste verkoop…

…en dan koop die boere vir hulle nuwe bakkies.

Dis eenvoudig net nie waar nie en as jy al op ’n plaas gewerk het en harde plaaswerk gedoen het sal jy weet hoe moeilik dit vir ’n boer is om onder moeilike omstandighede ’n ordentelike eindproduk te lewer.

Soms, veral gedurende ’n slegte droogte, het boere hulp van buite-instansies en selfs van hulle regerings af nodig.

Regerings maak wette en stel regulasies op. Hierdie wette, soos byvoorbeeld invoerwette, is nie altyd in belang van die boere nie en word soms misbruik deur invoerders wat swak kwaliteit veevoer van die buiteland af invoer. Soms plaas regulasies nie genoeg beperkings op uitvoere en invoere nie of ander wette bevorder voedsel-smokkelary en korrupsie.

As regerings vir hulle boere omgee kan baie goed gedoen word om boere te help om beter produkte vir die plaaslike bevolking te lewer, spesifiek gedurende ’n noodgeval soos droogtes.

Maar ongelukkig het Suid-Afrika se regering nie juis simpatie met die meeste boere in die land nie en kom hulp te laat van die regering af indien enigsins.

Ten spyte hiervan is Suid-Afrika se boere baie hardwerkende mense en weet hulle dat ’n suksesvolle boer se hoofdoel nog steeds is om ’n goeie oes te lewer en om gesonde diere te produseer sodat die land se bevolking ordentelike kos het om te eet.

Boere in Suid-Afrika werk vir hulself en is alleen verantwoordelik vir alle gewasse wat op hulle plase geplant of gesaai word.

Ja, jy kry ook mspy’s wat plase besit en boer maar dis ‘n ander saak….

Privaat boer neem verder verantwoordelikheid vir alle vee op hulle plase. En as daar byvoorbeeld siektes uitbreek en duisende diere van kant gemaak moet word om die landbou te red (soos onlangs die geval was met volstruise as gevolg van voëlgriep), is daar gewoonlik nie ’n regering wat help nie. Nie soos in die meeste ander lande in die wêreld nie. Die risiko vir boere in Suid-Afrika bly dus besonder groot.

Boere maak wins deur die verkoop van die gewasse wat hulle plant en die diere wat hulle grootmaak. Kospryse word meestal internasionaal bepaal en dit gebeur gereeld dat boer ’n verlies maak omdat internationale pryse net teen oestyd kwaai geval het.

Een ding is egter seker: Sonder die kos wat boere reg oor die aarde elke jaar produseer – maak nie saak in watter land dit is nie – sal die bevolkings op hierdie planeet hongersnoot ervaar

Ondersteun dus ons boere wat elke dag hard werk om te verseker dat dit gebeur.

Hier is ’n aanhaling wat nogal akkuraat is wanneer jy ’n boer wil beskryf:

“Boere boer vir die liefde van boerdery en vir die liefde van die grond – veral as dit hulle eie grond en eie plaas is. Hulle hou daarvan om die groei van hulle plante en diere dop te hou en te koester – dag of nag. Hulle hou daarvan om in die teenwoordigheid van hulle diere te werk – al weet hulle dat dit ’n kort verhouding is voordat hierdie geliefde diere gelaai word vir die volgende vandusie. Hulle hou daarvan om naby hulle skepper buite in die son, in die reën, in die wind en in die mooi te werk. Ja, en hulle hou daarvan om oor die weer te praat, selfs as dit hulle lamlê en ellendig maak, maar meestal as dit hulle bly maak.”

NS: Daar is vandag baie jong Suid-Afrikaanse manne wat graag plaaswerk wil doen en nooit die geleentheid in Suid-Afrika kon kry nie. Baie van hierdie opgeleide jong manne het toe gaan plaaswerk doen in lande soos Amerika.

As jy nog jonk is en lief is vir SA en graag wil leer hoe om te boer, gaan besoek dan die amptelike Plaas Werk webwerf by plaaswerk.co.za. Op Plaas Werk sal jy jou CV kan oplaai en boere in Suid-Afrika sal jou CV kan aflaai om jou te nooi vir ’n onderhoud vir werk op hulle plase.

Jy kan hierdie artikel gratis aflaai – in ‘n PDF formaat hieronder:

KLIEK HIER EN LAAI AF: Deel 1 – Wat Is ‘n Boer?

Leave a Reply