Wat Doen ‘n Boer? – Deel 2

In ons vorige artikel het ons gepraat oor: Wat is ’n Boer?

Jy kan die artikel HIER lees.

Hy is verantwoordelik is vir als

Om winsgewend te boer moet ’n boer verantwoordelikhede vat vir alles wat hy of sy aanpak op die plaas – dit maak nie saak hoe klein of groot die besluit op daai oomblik lyk nie – een foutjie kan later groot verliese beteken.

Of dit nou gaan oor die aankoop van saad of die spesifieke datum vir aanplanting van daai saad – die verkeerde besluit kan die boer sy/haar plaas laat verloor.

Hy moet kennis dra

Ander besluite gaan oor die kies van die regte kontantgewasse, of die aankoop van gehalteteel-materiaal vir slagdiere of die meng van kos vir daardie diere, of die versorging van ’n spesifieke soort vee op ’n produksieplaas. Die finale besluit is altyd die boer sin en die boer sin alleen – so ook is die risiko net die boer sin.

Om te oorleef mΓ³Γ©t ’n boer dus ’n wye kennisbasis hΓͺ van die landboubedryf as geheel, asook spesifieke kennis van die bedryf waarin hy of sy spesialiseer.

Maar daar is meer: Afgesien van die algemene kennis van plantdatums, teelsiklusse, oestydperke, ens. het ‘n boer ook goeie kennis van meganika nodig.

Boerdery-toerusting is duur, werk hard en breek baie – ’n boer moet hierdie toerusting altyd in ’n goeie toestand hou sodat dit optimale kan presteer.

Boere is verantwoordelik vir alle gewasse en vee waarmee hulle boer en wat ons as mense nodig het om te eet om te oorleef.

’n Boer moet dus uitstekende kennis hΓͺ van elke wet en elke regulasie – plaaslik en internasionaal – wat gaan oor voedselgesondheid.

Hy of sy moet die beperkings wat op die groter landboubedryf geplaas word verstaan en ook weet wat sy direkte plaaslike owerhede ten opsigte van landbou verbied, toelaat of aanbeveel.

Ander tipe boere

Tipes boere

  • Pluimveeboere maak mak voΓ«ls soos ganse, eende, hoenders of kalkoene groot vir slagdoeleinders.
  • Vleisboere maak vee groot soos beeste of skape, of selfs minder algemene vee soos bokke, volstruis of wild.
  • Byeboere hou heuningbye in kaste aan en produseer heuning vir die mark. Hulle verhuur ook hulle bye aan byvoorbeeld vrugteboere wat bye nodig het vir bestuiwing.
  • En daar is nog 100+ ander soort boere – dink daaroor en maak jou eie lys.

Landbou verander elke dag en daar is vandag selfs boere wat met wurms boer – hierdie wurms teer op afvalprodukte soos voedsel wat nie geeΓ«t is nie, vrot vrugte en vrot groente. In die proses skakel die wurms hierdie afvalprodukte oor in gesonde, voedingsryke grond en organiese kunsmis.

Varsvisboere koop ook hierdie wurms, maak hulle droog en dan voer hulle die wurms vir hulle visse – so help die een boer die ander – en op die einde produseer almal kos.

Elke boer is uniek

Geen grond en geen plaas is dieselfde nie en elke boer het sy eie maniere om dinge te doen. Jy kan net leer om suksesvol te boer deur jare se ondervinding.

Boere het verskillende persoonlikhede – net soos hulle plase is nie een van hulle dieselde nie.

Oor die algemeen is boere geneig om ondernemende individue te wees, wat beteken dat hulle avontuurlustig, ambisieus, selfgeldend, ekstrovert, energiek, entoesiasties, selfversekerd en optimisties is.

Ander is meer oorheersend, oortuigend en motiverend. Meeste boere is ook ondersoekend, wat beteken dat hulle intellektueel, introspektief en nuuskierig is.

  • Klink dit so jy?
  • Wil jy graag boer?

Dit is vandag moeilik om te leer boer of te begin boer in Suid-Afrika as niemand jou ’n kans gee nie. Om te leer boer en om plaaswerk te kan doen beteken dit dat jy prakties die werk moet begin doen.

As jy nog lekker jonk is, energie het, graag op ’n plaas wil werk en wil leer hoe om plaaswerk te doen – gaan dan na die webwerf Plaaswerk.co.za. Daar kan jy jou CV, foto’s, kwalifikasie en selfs drome oplaai en wanneer boere in Suid-Afrika iemand soos jy nodig het om hulle met hulle plaaswerk op die plaas te help kan hulle jou CV aflaai.

Dalk nooi hulle jou vir ’n onderhoud.

Jy kan hierdie artikel gratis aflaai – in β€˜n PDF formaat hieronder:

KLIEK HIER EN LAAI AF: Deel 2 – Wat Doen β€˜n Boer?

Leave a Reply