Vrae En Antwoorde

Op Hierdie Bladsy Probeer Ons Jou Vrae Antwoord:

 

1. Ons het hierdie web-blad ook vir jou begin.

Jy kry vandag die kans om jou beste CV hier te lys (om gekoop te word deur boere SA) en ook deur ander sakemanne (maar meestal boere) en as jou CV mooi is en dit pas aan by wat die boer of die mspy soek – dan kan hulle jou dalk persoonlik nooi vir ‘n onderhoud.

Dit is die diens wat ons aan jou lewer. Skoon, maklik en eenvoudig.

Dit is dus vir HIERDIE rede dat jy die vorm(s) op hierdie blad behoorlike en volledig moet voltooi.

GAAN NA HIERDIE SKAKEL OM DIE VORM TE VOLTOOI

Baie jong mense sĂȘ vir ons – “ek doen nie vorms nie of ek vul niks in nie”

Al wat ons dan terug sĂȘ is : Dis fine…baai…

As jy nog hier lees is dit vir jou goeie nuus.

Dink bietjie daaroor – as jy nie eens ‘n eenvoudige vorm behoorlik kan voltooi nie – hoe gaan jy jou werk behoorlik kan doen as ‘n boer of mspy jou aanstel?

EN NEE – al sit jy vandag heeldag op ‘n trekker – of al is jy heeldag in die veld met die skape – vanaand is daar ook papierwerk wat gedoen moet word – goeie boere hou boek – jy sal die boer moet help.

Jy kan ons maar glo as ons sĂȘ: ‘n boer gaan nie belangstel om ‘n “halwe” CV te koop nie.

Boere wat CV’s koop is erenstig op soek na goeie mense om vir hulle te werk – hulle kom nie na PLAASWERK.CO.ZA toe om net ‘n bietjie te “browse” nie – hulle kom hierheen vir hulp – meestal dringend!

Laastens en dis BAIE BELANGRIK: Plaaswerk.co.za is NIE ‘n werwings agentskap NIE en verdien nie kommissies uit plasings nie. Ons KAN NIE waarborg dat jy ‘n werk sal kry nie – maar ons kan jou wel sĂȘ – daar is BAIE werk op Suid-Afrikaanse plase – vir die wat wil en kan werk.

Een van die groot redes hoekom ons ‘n fooi vir boere EN vir aansoekers vra is om die sogenamde “tyre kickers” onmiddelik uit te skakel en ons energie en tyd eerder te spandeer om mense en boere wat erenstig is oor hulle toekoms, en hulle besighede, hier te help.

***********
2. Ons Beskerm Jou Persoonlike Besonderhede

  • Ons sien gereeld op sosiale media netwerke waar boere plaaswerkers soek en waar werkers plase soek waarop hulle kan werk.
  • Dis goed so, maar meeste inligting op sosiale netwerke is “te veel” in die openbaar – nie almal hou daarvan nie – ons ook nie.
  • Dit is hoekom ons hier by PLAASWERK.CO.ZA probeer ons so ver moonlik die inligting van die boer wat werkers soek – sowel as die meer persoonlike inligting van aansoekers – vertroulik te hou.
  • Ons deel daarom ook nie mense se volle name en vanne of telefoonnommers  of ander kontak besonderhede hier op die plaaswerk web-blad nie.
  • Boere koop hierdie persoonlike kontak besonderhede op die web-blad vir R15 en ontvang die persoon se volle CV en ander inligting.
  • Ons vra ook dus vir alle jong manne [aansoekers] wat hier op plaaswerk.co.za gelys wil wees ‘n klein advertensie & administrasie fooi om hulle name en CV’s vir 3 tot 6-maande op hierdie platvorm te adverteer.
  • Boere soek daarvoor, betaal daarvoor, en kontak jou dan direk.

***********
3. Boodskap Aan Jong Mense

Ons is self boere, en ons het hierdie webblad begin omdat ons presies weet hoe moeilik dit vir ‘n boer is om die regte person(e) te kies om hom en sy gesin op die plaas te kom help.

Vir nuwelinge, wees verseker, plaaswerk is NIE vir “softies” en “cry-babies” nie. MAAR as jy kan hard werk en as jy kan vasvat dan is plaaswerk, op die regte plaas, baie lekker.

Om op ‘n plaas te werk saam met ‘n boer, sy vrou, en dalk sy groot kinders is ‘n persoonlike ding – baie meer as wat meeste mense ooit kan besef.

Wees dus geduldig – om ‘n poerfekte “pasmaat/vernoot” te kry is nie altyd so vinnig of maklik nie.

***********
4. Wat Doen Ons Op Hier Plaaswerk.co.za?

  • Ons help boere wat plaaswerkers soek.
  • Ons probeer goeie, betroubare en hardwerkende mense identifiseer wat op plase wil en kan werk.
  • Vir sulke mense vra ons om hulle CV’s [belandstelings vir werk en hulle name op plaaswerk.co.za te lys.
  • Dit kos ‘n paar rand om die kostes te dek en dit wys ook hulle erens.
  • Ons probeer dan hierdie plaaswerkers en ons boere in aanraking met mekaar bring.
  • Boere koop hierdie mense wat op plase wil werk se CV’s vir ‘n paar rand en laai dit onmiddelik af.
  • Boere kan die CV bestudeer en dan op hulle eie tyd kontak maak vir ‘n onderhoud.

***********
5. Boodskap Aan Boere

  • Ons lys nie sommer enige “dick-tom-&-harry” hier op PLAASWERK nie.
  • Die stappe om ‘n persoon (aansoeker wat werk soek) op hierdie web-blad te lys is nie ‘n automatsiese prosess nie.
  • Elke aansoek word mooi bekyk en met die hand gedoen omdat elke aansoeker se behoeftes anders is en eers vooraf ge-evalueer word – voordat dit finaal geplaas word.
  • Boere in SA kan dus verseker wees dat hierdie CV’s  op plaaswerk mooi CV’s is – as dit nie is nie sal ons so sĂȘ.
  • Boere kan op hierdie platvorm soveel CV’s van aansoekers koop as wat hulle  nodig het.
  • Boere wat CV’s koop se inligting en besonderhede bly altyd privaat en hulle kan dan self, op hulle eie tyd, kontak maak met die aansoekers wie se CV’s hulle gekoop het.
  • Ons sal nooit boere is inligting met aansoekers deel nie.
  • Ons gee VIR BOERE ‘n “ingeboude waarborg” wanneer hulle CV’s koop.
  • Ons wil hĂȘ hulle moet op die einde mense aanstel – nie CV’s koop nie.
  • Ons “ingeboude waarborg” help daarmee. As jy CV’s koop sal jy meer besonderhede oor hierdie “ingeboude waarborg” daaroor sien.

********