In ons vorige artikel het ons gepraat oor: Wat Doen ’n Boer?
Die landboubedryf is groot en het menige vertakkings.
In hierdie artikel gaan ons bietjie kyk na ’n paar verskillende boerdery-vertakkings en ook sommer ook na ’n paar onbekendes.
Visboerdery
Varsvisboerdery is Suid-Afrika is nog redelik klein in vergeleiking met ander lande in die wêreld, maar daar is goeie vooruitsigte vir die bedryf.
Boere wat met varswatervis boer sal gewoonlik spesialiseer in een soort vis, soos byvoorbeeld Tilapia [’n tipe Kurper] of miskien met ’n vis soos trout wat ook ’n ander inkomste vanaf toerisme of sport kan inbring.

Die rede hoekom varswatervis-boere moet spesialiseer in een of twee soorte vis is omdat elke verskillende soort vis verskillende voer en andere behoeftes het. Deur te spesialisseer maak dit die werk op die plaas baie makliker.
Hierdie visboere spesialiseer in die grootmaak (en soms teel) van vis wat dan net so aan lewendig verkoop word vir verwerking vir menslike gebruik – hetsy as vars vis of verwerkte produkte soos viskoekies, visvingers, ens.
Vis-afkal kan ook verder verwerk word en gebruik word vir diere voedsel, byvoorbeeld vismeel, of dit kan gebruik word as kunsmis wat weer deur ander boere gekoop word.
Voergewasse en Kontantgewasse
Om suksesvol te wees as ’n graanboer moet daar behoorlik vooruit beplan word. Soos byvoorbeeld voordat ’n boer begin saai moet jy gesluit wat gaan hy met die gewasse maak wat geplant/gesaai is. Gaan hy dit ruil (verkoop) vir kontank (kontantgewasse) of gaan hy dit vir homself hou en as veevoer (voergewasse) gebruik.
Wat die boer ook al besluit om te doen – hy sal self verantwoordelik wees vir die plant, bemesting en oes van die gewasse, sowel as die vervoer na die regte plekke soos die landbou kooporasie [mspy] wat die oes by hom sal koop.
Boere wat kontantgewasse plant het ’n goeie kennis van die spesifieke mark nodig, maar ook kennis van die planttye, oestye en die weerpatrone in hulle omgewing.
Saadboere plant ook gewasse spesifiek vir saadproduksie en die oes word aangekoop deur saadondernemings wat die gewasse behandel en verwerk, en dan weer aan andeer boere verkoop om die volgende seisoen as sade te gebruik om hul lande te plant.
Veeteel
Veeboere konsentreer daarop om gesonde en stewige vee te teel en aan die mark te voorsien vir vleis vir menslike gebruik.
Veeboere spesialiseer dikwels in net een of twee soorte diere wat goed sal aard in die spesifieke omgewing en plaas. Veeboere gee baie aandag aan genetika en teel op so ’n manier dat daar elke seisoen ’n beter nageslag geproduseer word.
Die “beter” nageslag word dan grootgemaak om mettertyd die plek van die huidige broeivoorraad in te neem, en die huidige (swakker) broeivoorraad word ná ’n tydperk verkoop – en so word die kudde opgebou.
Veeteelt vereis ’n goeie kennis van bloedlyne om die beste moontlike uitkruisings van ’n spesifieke soorte vee te teel – en om sodoende die beste resultate in teling te lewer. Sommige nageslag (stoet) kan ook verkoop word aan ander plase wat spesialiseer in veeproduksie om sodoende die vee vir ’n spesifieke produksiedoel groot te maak.
Vrylopendevark Boerdery
Die meeste mense besef nie hoe skoon en slim ’n vark in sy natuurlike habitat (die veld) is nie. Sedert die begin van die vorige eeu het dit meer algemeen geword vir boere om varkte in hokke aan te hou en op hok te voer.
Dit is hier in die beknopte hokke waar varke hulle slegte reputasie gekry het. “Jy is so vuil soos ’n vark. Jy stink soos ’n vark. Jy eet soos ’n vark”.
Varke is van die min diere wat nie hulle besigheid doen waar hulle eet nie. In die veld wei hulle en ploeg die grond met hulle snoete om – en dan eet hulle mooi. Hulle stink nie in die veld nie en vat ’n modderbad om skoon te bly. Hulle is slim, baie slim, en in die veld bou varke neste uit groot takke en stompe waarin hulle hul kleintjies kry. Op hierdie manier sal hulle nooit die kleintjies doodlê nie.

Vandag begin meer en meer kleiner boere weer om varke, soos van ouds, in die veld aan te hou.
Sulke boere wend hulle tot free range pork farming om ’n meer natuurlike produk te lewer en ook omdat die verbruiker daarop aandring.
’n Vrylopendevark-boerdery kom daarop neer dat varke in die veld grootword en permanent in die veld of in groot kampe aangehou word waar hulle vry kan rondkrap en wei. Hulle word steeds gevoer en kry goeie byvoeding, want varke eet baie. Die veld alleen het gewoonlik nie genoeg voedsame kos vir hulle nie.
Jy kan die Free Range Pork Association [kliek hier] se webblad besoek vir meer inligting.
Dadelpalms
Suid-Afrika het maar min Dadelpalmboere – die meeste van hulle is in die Noord-Kaap teen die Oranjerivier.
Dadelpalms het ’n baie spesifieke klimaat nodig – ’n warm woestyngebied is waarna hulle soek – en hulle het redelik baie water vir besproeing nodig.
Dit vat tussen agt en tien jaar voordat ‘n Dadelpalmboom ’n winsgewende oes kan lewer.
Ten spyte daarvan dat dit ’n baie winsgewende boerdery geword het is die klimaat, behoefte aan water en die tydperk voor produksie (dus hoë kapitaalinsette) die belangrikste redes hoekom Suid-Afrika so min dadelboere het.
Een van die maniere om hierdie uitdagings die hoof te bied is om die boerdery se insetkoste onder ’n klompie vennote te verdiskonteer.

Die manier om dit te doen is met ’n stelsel genaamde Impact Farming. Jy kan meer daaroor lees op die Impact Farming Association se webblad HIER.
In ’n volgende artikel sal ons die volgende vyf soorte boerderye hanteer en vrae beantwoord soos Wat doen ’n wynboer? en Hoe bestuur ’n wildboer sy plaas?
As jy plaaswerk soek op een van dié landbouvertakkings moet jy ’n draai maak by die webblad – Plaaswerk.co.za.
Jy kan jou CV daar oplaai en boere reg oor Suid-Afrika kan jou kontak om plaaswerk te doen.
Jy kan hierdie artikel gratis aflaai – in ‘n PDF formaat hieronder:
KLIEK HIER EN LAAI AF: Deel 3 – Vertakkings In Die Land




