R15.00
Emke is ’n jong, passievolle boervrou van die Sentraal Karoo. Met praktiese ervaring in bees, skaap en saai, plus haar Diploma in Plant & Diere Produksie wat sy binnekort voltooi – is sy ’n vars aanwins vir enige plaas in die Wes-Kaap.
Description
Emke is ’n jong, passievolle dame uit die Sentraal Karoo wat op ’n gemengde plaas grootgeword het. Sy en haar pa het bees en skaap aangehou, asook lusern en groente saad geplant – en sy dra daardie liefde vir boerdery steeds met haar saam.
Sy is tans besig om ondervinding as ’n junior plaasbestuurder op ’n plaas te kry, waar sy betrokke is by groente saad produksie, voergewasse, skaap- en beeswerk en selfs volstruis grootmaak. Sy is heel tuis agter die stuur van plaasmasjiene en neem haar verantwoordelikhede ernstig op.
Met sterk praktiese kennis, ervaring in beide vee en gewasse, en haar Diploma in Plant en Diere Produksie wat sy in November 2025 voltooi, is Emke vasbeslote om haar toekoms in landbou te bou.
Haar groot liefde is bees- en skaapboerdery, maar sy is ewe gemaklik in saai boerdery. Emke bring jeug, passie, en ’n sterk werksetiek na enige plaas in die Wes-Kaap.








