Pieter: Beskerm Jou Plaas

Dit is waar…

Daar is baie opsies vir die boer vandag as dit kom by huis- en plaasbeveiliging.

Die tegnologie binne die veiligheidswêreld vir die boer en sy plaas kan soms oorweldigend wees, om nie eers te praat van die kostes.

Maar daar is ‘n meer tradisionele opsie en al hoe meer boere in Suid-Afrika begin daarna kyk.

SPESIALE OPGELEIDE HONDE.

Opgeleide sekuriteitshonde is al lankal ‘n onfeilbare opsie vir die polisie, weermag, besighiedspersele en nou vir boere op hulle plase.

Dit is algemeen bekend dat ‘n hond die vermoë het om vinnig te reageer, en dit is veral waar by werkshonde in die veiligheidsveld – dit is, solank jy die regte soort hond gekies.

Sekere honderasse is bekend vir hul beskermende eienskappe – en hierdie soort honde het die vermoë om veiligheidsalarms vir die boer te wees.

Honde word nie verniet die boer se beste vriend genoem nie – ons weet almal – honde is ongelooflike lojale wesens.

Met hierdie lojaliteit kom ‘n beskermende eienskap – ‘n kombinasie wat selde by ander diersoorte ooreenstem.

Honde is ook intelligente diere – hulle het die vermoë om gevaar in ons stemme te hoor en in ons lyftale op te tel – veral honde wat behoorlik opgelei is.

Sulke honde gebruik hierdie vaardigheid goed, en kan aanvoel wanneer dinge op die plaas nie heeltemal reg is nie, hetsy met ‘n persoon of met ‘n situasie.

Honde kan gevaar opspoor, en die rasse wat gekies word om veiligheidshonde te wees, is dit nie bang om iets daaraan te doen.

GOEIE DAG AAN ALLE BOERE IN SUID-AFRIKA.

My naam is Pieter Van Aswegen en ek het jare kennis van honde opleiding vir sekuritiets doeleindes en wil dit met jou deel.

Ek het my ondervinding tussen 1993 en 2018 by die SAPS opgedoen en weet presies wat die sekuritiets probleme en behoeftes vir boere vandag in Suid-Afrika is

As jy ‘n boer is en bekommerd is oor jou veiligheid; kontak my en ek sal saam met jou ‘n plan uitwerk om jou gesin en plaas te beveilig met die regte honde en opleiding.

Jy kan my CV en alle ander inligting by HIERDIE SKAKEL kry.